ABSTRACT: Nongqai has a new Facebook page called Nongqai MEDIA. Its one and only purpose is to notify readers about the posting of new articles on our BLOG. It will carry nothing else.  So, no clutter.

KEYWORD: Nongqai MEDIA Facebook page        READ TIME: 1 min 30 sec

NONGQAI is besig om oor te skakel. Altyd het ons aan die einde van elke maand ‘n A4 pdf tydskrif van rondom 300 bladsye gepubliseer. Sodat ‘n magdom leeswerk op een slag afgelewer is. En dit nie altoos maklik gelees het op die verskillende kleiner apparate, soos slim-fone en tablette nie.

Moderne tegnologie bied nou ‘n veel beter opsie – die digitale BLOG. Soos wat u nou hier na kyk. Artikels kan maklik gelees word, op enige apparaat. Die inhoud kan behoorlik indekseer en argiveer word, vir die nageslag.

En – belangrikste – artikels kan nou vars op u skerm gelewer word, soos wat dit individueel persklaar gemaak word.

Dus, deurlopend deur die maand. Sodat die olifant in klein happies geniet kan word. Sonder vet tye en maer tye, en met u wat maklik kan kies wat wil u lees.

Die nuwe metode van deurlopende publikasie van artikels op ons BLOG, die maand deur, maak dit natuurlik nodig om ons lesers te kan inlig elke keer as ‘n nuwe artikel beskikbaar is.

Dit is die  doel waarvoor die nuwe Facebook-blad “Nongqai MEDIA” daargestel is.  Om u vinnig kennis te gee van die verskyning van ‘n nuwe artikel. Net dit – hierdie blad sal geen ander tipe posse dra nie. Dis vir vinnig lees en maklik hop na die artikel (via ingeboude skakels om net maar op te kliek). Sonder allerlei ander goed wat die fokus vervaag en u tyd op-eet.

Vir die meer omvattende, algemene Nongqai-nuus bly die ander Facebook-blaaie soos “Nongqai” en “Nongqai Trust” voortbestaan. Hulle sal bly dien as uitruil-platforms vir veel omvattender inligting rakende Nongqai en die wel en wee van sy lesers.

Om van hier te gaan kyk na ons nuwe Facebook-blad, Nongqai MEDIA, kliek bloot op die knoppie hieronder. Dit sal u na die blad neem. Ons hoop dat u dit sal volg en bevriend, sodat u elke nuwe kennisgewing sal sien en nie dalk ‘n interessante nuwe BLOG-artikel misloop nie.