Brig HB Heymans

Abstract

HBH describes one of the delightful and true old characters and a strict disciplinarian, Col TJ Bryne. He was OC of the strict SAP Depot where new Recruits were transferred into fully fledged policemen. He met him in Durban during the 1960’s and read some of his notes and reports. He was the Chairman of the Board of Inquiry into the massacre of policemen at Charlestown.

Keywords: Quarter Guard, SA Police Depot, Col IP de Villiers, Major LG Snyman, Lt-Col TJ Byrne, Vaughan Redding, Norah K Redding

In ‘n mens se lewe, veral as polisieman, is mens so bevoorreg om vermaarde, edel, en tog nie so edele, karakters van vergange se dae te ontmoet. Partykeer is mens gelukkig om hulle te leer ken en met hulle gespek te voer. Later kan mens hul dokumente en rapporte kan lees. Partykeer sien mens sulke mense net van ver – op die podium by die parade, of in ‘n nuusfilm. Of mens lees in die koerant van hul wandade.

Kol Byrne was ‘n egte Britse kolonel “van die ou-skool”. Hy was geen Lieplapper – hy was ‘n ware heer en offisier – die kwaai met ‘n fier houding en te midde van alles: Die glinstering in die oog – die humor was daar! Dit wat ons almal in die kollege leer ken het! Onthou: “Kyk hoe vuil is hierdie plek!” – terwyl dit eintlik steriel skoon is!

Jare gelede het ek ‘n skandeerder gekoop en stadig maar seker deur honderde Nongqai’s gewerk en talle foto’s van mense wat ek geken het – of mense wat bekendheid verwerf het, se foto en agtergrond af geskandeer. Ook van bekende geboue in die magte. Ek het leggers (folders) op mense (en plekke) “oop gemaak” en die foto en agtergrondverslag daarin gebêre. So het ek ‘n omvattende fototeek oor offisiere, politici, bekendes, geboue, voertuie, vaartuie, vliegtuie en polisieperde, -kamele, -muile, -donkies en -osse oopgemaak. Ja, ek het foto’s van polisiemanne wat op osse ry. Hoe meer inligting jy bymekaar maak, hoe helderder is die prentjie wat mens van die geskiedenis kan skep.

Gedurende middel-1960’s het ek het ‘n vriend in Durban gehad met die naam van Vaughan Redding. Hy is ongelukkig sowat 20 jaar gelede oorlede. Hy was ‘n apteker. Ons het duiwe en tropiese vissies geteel.

Eendag vra hy my of ek sy Oupa ken? Sy Oupa was “Burne The Bastard” of te wel die befaamde lt-kol TJ Byrne. Sy Oupa was toe al omtrent 30-jaar met pensioen – my Vader en Oom Claude Sterley het die Oubaas “geken” van die depot en van polisiepraatjies. Hy het nogal ‘n reputasie as mens die polisiekollege se ou jaarblaaie lees.

Eendag gaan ek deur ‘n bitter ou Nongqai (1917) en skandeer toe die volgende prentjie van Vaughan se Moeder, Norah, wat op sit op ‘n perd sit. Vaughan het langs die Roomse-sendingstasie en klooster in Sormany-weg te Brightonstrand gewoon en sy ouers het langs hom, in ‘n aparte huis, gewoon. Eendag het sy Oupa kom kuier. Ek was aan diens te SAP King’s Rest en het op my patrollie ‘n hoflikheidsbesoek aan die Redding’s gebring waar ek toe kol. Byrne die eerste keer ontmoet het. Ek was in volle uniform en het die Oubaas gegroet met ‘n flinke saluut. Hy het te vrede geglimlag en my gegroet en hy vra toe: “What do the men call me?” Ek sê toe maar skamerig: “Byrne the Bastard!” Hy sal en sê: “That’s right my boy!”

Die ou manne het my vertel, dat wanneer hulle moes spreek, het hulle, hulle spore se kettinkies afgehaal en sodra hulle weer die gebou getree het, het hulle weer die spore se kettings weer aangesit – hy het konstabels verpes as daai kettinkie vol grond en “vuil” was.

Hier is ‘n paar van my geskandeerde foto’s oor kol Byrne:

1917 – Die kolonel se dogter Norah K Byrne (later mev Redding)

1929

1929 Die kolonel en kommissaris, kol IP de Villiers met lede van die “Musical Ride”

1931: Die majoor as BO van die SAP Depot inspekteer die erewag

Die kwartwag is ‘n klein afdeling van troepe wat as ‘n seremoniële wag gebruik kan word wat by die ingang van ‘n militêre eenheid gemonteer kan word om komplimente te betaal soos benodig. ‘n Kwartwag moet bestaan uit een onderoffisier en ses of agt ander range wat in twee range saamgestel is. Dit is tegnies ‘n minuskule erewag[1]. Die ou SAP-depot was op lees van die SA Constabulary geskoei. Streng militêr gewees!

As BO van die SAP-depot 1929 tot 1933

1933: Aftrede

1963: SAP 50-jaar: Die kolonel was daar

Die einste majoor Snyman – later genl-maj – was in die kollege toe ek daar was. Maj Snyman was net so kwaai. Hy het my met sy voorvinger onderste bo geklap omdat my vuurwapen ‘vuil’ was!! Die manne was nie regtig so kwaai nie – mens moes net hul sin vir humor verstaan het. Deur my ou vriend hoofkonstabel Claude Sterley het ek sy swaer, genl Louis Snyman, sy albums geleen en al die foto’s afgetas. Soos ek ouer geword het, het ek verkies om onder kwaai mense te werk.

Die Oubaas is later oorlede. Die lank en kort van die storie is – ek was toe luitenant in Durban en het sy uniforms, dokumente, sertifikate, sakboekies aan afdelingshoofkantoor besorg om na die SAP-museum te stuur. Jare later het ek uitgevind dat sy items gesteel is en nooit by die museum uitgekom het nie. T/Sers “Fish” Visser was ‘n goeie vriend en hy was by die museum werksaam. Hy het geweet dat ek die kolonel se pet het. Hy het my arm gedraai en ek het toe die pet vir die museum geskenk en ‘n mooi briefie ontvang.

  1. https://en.wikipedia.org/wiki/Quarter_guard afgelaai op 10 Oktober 2023 – HBH.