Col Logan Govender

Col Logan Govender

Colonel Logan Govender is a retired senior police officer who holds a BA in Police Science and who in 1983 obtained the top score in the national police exams of that year. He is the son of a stalwart former police sergeant.

Logan is a dedicated historian, focused on the policing history of the KwaZulu-Natal province and that of police officers of South African Indian descent in particular. He regularly contributes social news from this ambit, and has helped find and preserve rare photographs unearthed by his research. 


Wolfgang Günther Witschas

I was born in Windhoek, then South West Africa (SWA) on 23 February 1956. My parents are of German descent. I grew up in a time when life was fairly simple and uncomplicated, although it was at the height of the cold war. We were four children, two boys and two girls. I am the third child. Went to school from Sub A to Matric at the Deutsche Höhere Privat Schule (DHPS) in Windhoek.

After matriculating I joined the South African Police (SAP) in Windhoek during February 1976. Was stationed at Tsumeb in SWA. Was involved in several Counter Insurgency (COIN) operations in the Tsumeb, Grootfontein and Otavi triangle.  In 1979 was transferred to Windhoek and was posted to the South African Narcotics Bureau (SANAB) as a detective, until 1981. In 1981 applied and was departmental transferred to the National Intelligence Service (NIS). From 1981 until I retired on 29 February 2016, I was a member of the civilian intelligence NIS, NIA and SSA.

Since early in my life, I had an intense interest and fondness in history and military matters in which my father was instrumental that I pursue this interest. Being fond of reading I extended my knowledge of military and intelligence matters specially during my 35 years career as intelligence officer with counter intelligence and counter espionage.


After my retirement I now had the time to write articles of military and intelligence matter as the two are interwoven (See the writings of Sun Tzu: “The Art of War”). I am a member of the SAP COIN Veterans League and a friend of the Koevoet Veterans League.

In September 2019 I started to regularly write articles for the Nongqai publication.

Dr Coert Mommsen

Dr Coert Mommsen

My naam is Coert Mommsen. Ek is ‘n afgetrede Kliniese Sielkundige. Ek het vir 34 jaar gewerk In ‘n inrigting vir psigiat­riese en verstandelik vertraagde pasiënte. Ek het in samewerking met die Noordwes Universiteit, intern sielkundiges opgelei sedert my eerste werksjaar te Witrand in 1980.

By Witrand-hospitaal het ek die EEG afdeling bestuur en EEG’s afgeneem op binne-sowel as buitepasiënte. Ek was hoof kliniese sielkundige tydens my dienstydperk te Witrand-hospitaal. Ek is lief vir Afrikaans en hou daarvan om vertaalwerk van Engels na Afrikaans te doen en andersom.

Ek is lief daarvoor om in Afrikaans semi-wetenskaplike en wetenskaplike artikels te skryf. Ek is ‘n outeur by LitNet en doen graag linosneë- en olieverfwerk. Ek het onlangs ‘n Diptiek portrette van vier bekende Suid Afrikaanse digters voltooi.

Brig Fanie Bouwer

Aanvanklik is mens se verlede baie kort en die toekoms (dalk) lank, of baie lank. So algaande egter, raak die verlede langer en die toekoms korter.

Hoe dit ook al sy; ek gaan oor die middelste komponent van my lewe skryf – ‘n agtergrondskets oor my polisieloopbaan van presies 30 jaar.

Ek was nie ‘n ‘yster’ of ‘n legende nie. Ek was maar net ‘n ysterbaadjie wat gedeel het met dit wat in my polisiepad aan my toegedeel was of in my pad gekom het  – meesal oukei, met ander seker ‘n bietjie beter. My mede-kollegas sou beter kon oordeel. En as dit dalk mag klink of ek wil spog, weet net dit is nie aspris nie. Ek het meesal inisiatief aan die dag probeer lê en altyd gedink oor dinge.

Soos die jare aanstap is ek terdeë bewus daarvan dat mens dalk mag dink jy, of dit wat jy gedoen het, belangriker was as wat jy/dit inderdaad was. Ek wil nie in hierdie slagyster trap nie.

So baie dinge het gebeur in die 3 dekades. Die kuns gaan wees wat om uit te laat. Ek sal dus so in breë trekke probeer vertel om die leser ‘n redelike goeie idee te gee hoe my pad in die SAP geloop het. En ook die 3 jaar in die SAPD tot Julie 1998.

Ek is ‘n lid van die ‘sestigers’ van die SAP. Dit is omdat ek begin 1968 in Umtata (Transkei) aangesluit het.

Ek is bykans met ál my bevorderings verplaas, behalwe na brigadier. Met lg. het ek bloot vanaf die 5de vloer na die 6de vloer by provinsiale hoofkantoor in Kaapstad geskuif.

SA Kriminele Buro

Begin 1969 is ek, nog steeds as student (sien foto), na die SAKB in Pretoria verplaas in plaas daarvan om my na die polisiekollege te stuur. By die SAKB het so 25 van ons slegs tot 1-uur gewerk. Vanaf 2-uur het ons klas geloop by ‘n kaptein Coertze by Pretoria-Sentraal polisiestasie . Hy het die regsmatriek se sillabus met ons deurgewerk, alhoewel ons almal reeds akademiese matriek op skool geslaag het. Ons klompie is toe saam polisiekollege toe vir die laaste semester se basiese polisie-opleiding. Ek en honderde ander het toe 2 matrieksertifikate gehad.

Qumbu

Ek het gevra om terug verplaas te word na Transkei. Qumbu was dan my eerste standplaas. 

Dit was die volgende jaar (1970) toe die sersanteksamen slaag, toe die distrikskommandant (DK) vir my sê hy gaan my na Idutywa verplaas om aanklaerswerk te gaan doen. 

Ek het gedink die DK is van sy lotjie getik omdat ek gedink het ek is nog totaal onervare. Ek is egter later na ‘n aanklaerkursus by die Justisieskool in Pretoria gestuur waar ons fantastiese teoretiese opleiding gekry het, met die praktiese deel in die Johannesburgse laerhowe.

Idutywa

Ek het op Idutywa die rang van adjudant-offisier bereik. Ek wou toe uit die SAP bedank om by die departement van Justisie aan te sluit. Die aanklaerswerk het my oor die tyd so welgeval dat ek gedink dat ek ‘n sukses sou kon maak by departement van Justisie. Dié departement het destydse beurse aangebied om die B-Jurisgraad voltyds aan die universiteit in Port Elizabeth te gaan bestudeer. Omdat ek op troue gestaan het, het hierdie plan deur die mat geval. Ek het ná die offierseksamens vir dié graad by UNISA ingeskryf.

Engcobo

Ek is toe na Engcobo verplaas as tweede-in-bevel met luitenant Frans Malherbe as stasiebevelvoerder, wie een van die bekwaamste offisiere was onder wie ek gewerk het. Ek was nie lank op hierdie stasie nie. Ek is op eie versoek na Stellenbosch verplaas nadat my verloofde (later my vrou) net vantevore vanaf Transkei ‘n pos as onderwyseres in Somerset-Wes gekry het.

Stellenbosch

Ek het in Mei 1975 by Stellenbosch geland as AO waar ek daardie tyd derde-in bevel was. Bo my was ‘n luitenant (FP Goosen), met ‘n kaptein (FJ Du Toit) as stasiebevelvoerder.

SAP Robertson

Nadat ek op lg. stasie ‘n offisier geword het, is ek na Robertson verplaas waar ek op 1 Januarie 1977 diens aanvaar het. Hier was ek as’t ware beide stasie- én takbevelvoerder. Wat lg. aanbetref het my opleiding as aanklaer en paar jare se praktiese ervaring my baie handig te pas gekom met die nasiening van dossiere. Selfs later in die meer senior range.

Dit was op hierdie dorp waar ek in my jeugdelike voortvarendheid, sonder om iets op skrif te sit om deur die voorgeskrewe kanale, ‘n nuwe polisiestasie gebou laat kry het. Ek het die plaaslike lid van die destydse Volksraad, meneer Piet Palm, daaroor gaan spreek, wie op sy beurt die kommissaris, generaal Gert Prinsloo, na die ou stasie laat kom het vir ‘n ondersoek te plaatse nogal. Wat later in die agtergrond gebeur het weet ek nie, maar maande later is daar begin met die bou van die mooi, nuwe polisiestasie. Die amptelike opening was op my verjaarsdag op 13 Oktober 1978 (‘my verjaarsdagpresent; mý monument’, het ek eenkeer gesê), met generaal Mike Geldenhuys en minister Jimmy Kruger as die eregaste.

Stellenbosch

Nadat ek ‘n kaptein op hierdie stasie geword het, is ek in 1981 na Distrikshoofkantoor, Stellenbosch verplaas as stafoffisier. Ek was vir ‘n tyd ook diens gedoen as stasiebevelvoerder, twee vloere ondertoe. Ek is toe weer terug na Distrikshoofkantoor waar ek weer belas was met dossier- en stasie-inspeksies, werwing, aangewese drankoffisier en ander administratiewe take.

Woodstock

Ek is bevorder na majoor en later in Desember 1987 oorgeneem as stasiebevelvoerder van Woodstock, met Soutrivier (waar die skiereiland se groot lykhuis is) en Observatory ook deel van die stasiewyk.

Woodstock – die uiters bedrywige stasie – was aanvanklik vir my ietwat van ‘n kultuurskok, maar ek het gou-gou in die vinnige ritme daarvan en sy andersheid gekom. My kantoor was ook daar met ‘n limpetmyn kort so 4-uur die middag opgeblaas terwyl ek, genadiglik en toevallig, in Stellenbosch was vir ‘n vorige DK van my se begrafnis.

Khayelitsha

Terwyl ek grensdiens verrig het, is ek ingelig dat ek as stasiebevelvoerder van Khayelitsha verplaas is. Dit is natuurlik ‘n groot en ‘n riller van ‘n stasie waar ek, snaaks genoeg, heel gemaklik was. Ná my Transkei dae, het die feit dat ek isiXhosa magtig is, weer handig te pas gekom.

Hoof Munpol

Ná Khayelitsha is ek as provinsiale hoof van die Wes-Kaapse provinsie se Munisipale Polisie aangestel, met die Spesiale Konstabels by my portefeulje bygevoeg.

Springbok

In hierdie pos is ek tot die rang van luitenant-kolonel bevorder. Ek was met vakansie by Pearly Beach buite Gansbaai toe ek ‘n boodskap kry dat die provinsiale kommissaris, wyle generaal-majoor Flip Fourie, my soek. Ek bel hom en hy deel my mee dat hulle beoog om my Distrikskommissaris van Namakwaland (die ‘eenkantland’) met standplaas Springbok, aan te stel. 

Dit was ‘n Woensdag en hy vra my toe om my besluit of ek dit aanvaar die Maandag komend aan hom telefonies sal gee. Natuurlik sou ek ja sê, want ek het dit na die stad se gejaag, politieke geweld en stres, gesien as soort van ‘sabbatsverlof’. En dit was. Ek het op 1 April 1991 daar diens aanvaar.

ABS

So middel-Junie 1993 bel die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Nick Acker my. Hy versoek my om na Kaapstad te ry vir ‘n vergadering met hom en sy 2 generaal-majoors die volgende oggend. Ek was reeds so ‘n paar maande gelede na die rang van kolonel bevorder.

Sonder om in die fynere detail in te gaan, was die somtotaal van hierdie vergadering dat ek op 1 Julie – 2 weke later –  by wyle kolonel Dolf Odendal oorneem as provinsiale hoof van Afdeling Binnelandse Stabiliteit (ABS). Dit het taamlike nuusdekking gekry (sien foto-artikel).

Ek het my tyd by ABS baie geniet, in weerwil van die feit dat ek geen vorige ervaring in dié afdeling gehad het nie. Ek wil kortliks na 3 dinge verwys wat vir my uitgestaan het in dié pos.

Die eerste was dat ek dink ons beter gedeel met die taxi-oorloë en ander konflikte deur hulle veroorsaak. Ek het verseker dat ek baie noú en baie goeie verhouding met die intelligensie-agentskappe opgebou het.

Ek het met kere die bestuurskomitees van die twee groot taxigroeperings, CATA en CODETA, na ons kantoor se raadsaal genooi om partykeer proaktief, of reaktief in dringende gevalle, met hulle te vergader, met my as voorsitter in hulle eie taal. Hulle het nooit my oproepe geweier nie.

Ek het destyds baie van die onderhandelaars van die Universiteit van Kaapstad se “Centre for Conflict Resolution” gebruik gemaak om die groepe in konflik – hetsy taxi’s of politieke groeperinge se geweld  – om ‘n tafel te kry vir samesprekings. Die professor, Laurie Nathan, in beheer van hierdie Sentrum van die UK was gewoonlik baie behulpsaam gewees nadat ek en kort ná my aankoms by ABS oor hierdie idee onderhandel het. En moet ek byvoeg, baie suksesvol gewees. Ons het dus proaktief geweld voorkom, in plaas daarvan dat ABS later reaktief noodwendig tussenbeide moes optree.

Met Nelson Mandela se verkiesing as staatspresident in April 1994 en sy toespraak vanaf die stoep van die ou stadsaal voor die historiese Kaapse Parade, het ons 120 000 mense verwag. Ek het 1 200 lede van die veiligheidsdienste (SAP, SAW ens.) gebruik in die veiligheidsplan, asook 800 lede van die ANC se sg. “Marshalling Desk”.

Dié operasie was deur ander ook beskryf as die eerste voorbeeld van gemeenskapspolisiëring in Suid-Afrika en wel op groot skaal daarby.

Ek het in hierdie tyd ook baie noú saam met die provinsiale polisieminister begin saam gewerk. Ek was tydig en ontydig na sy kantoor geroep om een of ander probleem te bespreek of om by te sit by ‘n vergadering wat hy met ‘n gemeeskapsgroep oor polisiesake in die provinsie gehad het.

Hoof: Sigbare Polisiëring

Ek is in Desember 1995 na Direkteur (brigadier) bevorder in die pos van Provinsiale Hoof: Sigbare Polisiëring (voorheen Uniformtak), ‘n pos waarvoor ek in terme van die nuwe stelsel toevallig nie voor aansoek gedoen het nie. In die Wes-Kaap se 4 areas het ek sterk kolonelle gehad as Sigbare Polisiëring areahoofde om wat ook al te koördineer.

In my nuwe pos – in die SAPD nou – het ook voorsitter geword van die ‘Western Cape Security Coordinating Committee” by die Kasteel waar die SANW se hoofkantoor gesetel was en wat elke Vrydag vergader het. Hier het senior polisie-offisiere, die weermag, Intelligensie-agentskappe en ander vergader en oorhoofs na veiligheidsaangeleenthede wat die Wes-Kaap geraak het onder die loep geneem. Dit was by hierdie vergadering waar ek eenkeer aan die aanwesiges gesê het: “We have all the power in the world to deal with whatever security issue that may occur in the Western Cape”. Kan dít vandag nog gesê word?

In 1996 het die People Against Gangsterism en Crime (PAGD)-probleem sy kop uitgesteek. Ek het van meet af begin om aandag hieraan te gee deur met sy eerste twee prominente leiers, Faroek Jaffer en Sedrieg Edries, vir gesprekke te nooi. Ek het later ook die onderhandelaars van die UK se Sentrum vir Konflikhantering betrek. PAGAD se dinge het later nogtans ‘n ernstige kwessie geword wat ‘n paar jaar geduur het.

Ek het die SAPD met ‘n pakket verlaat na 30 jaar diens. Ek het my  eie redes gehad. Het ek terug verlang? Ja, net na die ou SAP. 

Jan de Klerk

Ná matriek aan Hoërskool D.F. Malan, Bellville sluit ek by die SA Polisie aan. Hierna het ek by verskeie stedelike en plattelandse polisiestasies in die uniformtak uiters waardevolle ondervinding in alle aspekte van polisiëring opgedoen.

In 1983 behaal ek die BA Polisiekunde graad by UNISA. Die volgende jaar word die kommissierang van Luitenant aan my toegeken. In 1985 word ek oorgeplaas na Veiligheidstak Hoofkantoor.

In 1986 behaal ek ‘n Honneursgraad in Polisiekunde met Industriële Sekuriteit as studieveld. Kort hierna word ek na die Veiligheidstak in Soweto verplaas.

Aan die einde van Augustus 1988 verlaat ek die polisie en aanvaar ek ‘n pos as groepsveiligheidsbestuurder in die Altron Groep waar ek waardevolle ondervinding in die privaat beveiligingsbedryf en in internasionale kommersiële beveiliging opgedoen het. Hier skryf ek ‘n omvattende rekenaarprogram wat die maatskappy se eiendomsbeveiliging beoordeel en bevorder het.

Met die aanvang van demokrasie in 1994 bied die Universiteit van Venda my ‘n pos aan as dosent in Polisiekunde. Ek doseer Polisiekunde, in die wydste sin (polisiekunde, sekuriteit en verkeerspolisiëring) aan eerste, tweede en derde jaar studente. Later word die Honeurs vlak ook deel van my portefeulje.

In die tyd by die universiteit verander, verbeter en pas ek die bestaande leerplanne aan om by veranderende omstandighede in die land aan te pas. Ek brei die biblioteek se polisiekunde naslaan materiaal uit van ‘n paar verouderde stukke tot ‘n aanvaarbare, uitgebreide versameling.

Terwyl in Venda, raak ek betrokke by die stigting van die eerste, opvolgende en die provinsiale polisiëringsforums van die Limpopo provinsie. In die afwesigheid van riglyne oor gemeenskapspolisiëring in die vroeë stadium van transformasie, doen ek navorsing en skryf unieke riglyne en handleidings om individuele forums te bemagtig.

Ek verlaat die universiteit in 2002 en begin ‘n onderneming wat leiding en administratiewe ondersteuning bied aan ontluikende besighede. Die besigheid is steeds in bedryf.