ABSTRACT: Example of an official S.A. Police commissioning deed promoting a previously non-commisioned member to officer rank as lieutenant. Also, Certificate of Service at retirement and photo of Brig Grobler.

KEYWORDS: South African Police history, commission as lieutenant, akte van kommissie, Brigadier Quartus Grobler

AUTHOR: Brig (Ret) Hennie Heymans

Read time: 2 min

S.A. POLISIE AKTE VAN KOMMISSIE : Brigadier Q. Grobler

(Beskikbaar gemaak deur Willem Grobler)

Brigadier Quartus Grobler

Brigadier Quartus Grobler

Dienssertifikaat Brigadier Q. Grobler (Aftrede)

Dienssertifikaat Brigadier Q. Grobler (Aftrede)

In die Staatspresidentskantoor: Vervaardiging van aktes van kommissie

Gedurende die 1980’s was ek verbonde aan die situasiekamer van die staatspresident (SP) in Tuynhuis, Kaapstad. Ek het met die SP se personeel gesels en – omdat ek belangstel – subtiel uitgevind wat almal daar doen.

In een kantoor het ek ‘n SAP-luitenant aangetref en met hom gesels. Hy het my vertel dat sy taak ook die “vervaardiging” van aktes van kommissie insluit. Hy het my gewys hoe hy die aktes aanmekaar sit en “vervaardig”.

Groot was my teleurstelling toe ek sien dat die SP nie die aktes persoonlik teken nie!

Genl Ben Groenewald het die foto aan my beskikbaar gestel met die betrokke luitenant hier in die middel van die foto. Sy naam het, met tyd, ongelukkig verlore gegaan. As iemand dalk weet wie hy is laat ons asseblief weet – HBH.