Beer Hall Riots 1959

1959 : DURBAN ONLUSTE: POLISIE GELOOF : HOOFMAN ALBERT LUTHULI

ABSTRACT: The role of the SA Police during the 1959 riots is lauded by Chief Albert Luthuli and it is interesting to note that some criticism has been expressed at the methods of reporting of the Durban riots in some overseas newspapers and the view of the local. Durban branch of the South African Society of Journalists.
KEYWORDS: 1959, Cato Manor, unrest, African National Congress, Chief Albert Luthuli, South African Society of Journalists, Sighart Bourquin,
AUTHOR: Andre Grobler, O’Malley Archive

‘n Volledige verslag van die gebeure kan in die O’Malley-files gelees word. Sien skakel onderaan hierdie artikel.

Vir ‘n paar weke voor die Cato Manor-onluste, en na ‘n uitbreek van tifus in die gebied, het die Munisipale owerhede in Durban met ‘n “skoonmaak”-veldtog in die gebied begin, waartydens ‘n groot hoeveelheid onwettige drank gevind en vernietig is.

Op die middag van Woensdag, 17 Junie 1959, is ‘n betoging by die Cato Manor-biersaal deur ‘n groep Swartvroue gehou wat (die Durban Korporasie se) bier en drinkgoed vernietig het. Die vroue is deur die polisie uiteengejaag en die biersaal is gesluit. Die polisie het deur die nag op aan diens gebly.

Op die volgende dag, Donderdag 18, het groepe Swart-vroue soortgelyke demonstrasies by biersale elders in die Stad, insluitend Daltonweg en Victoriastraat, gehou. Swartmans wat by die biersale teenwoordig was, is aangeval en gewaarsku dat hulle nie Durban Korporasie se bier mag drink nie.

Om 14:30. op die 18de het mnr Bourquin, Direkteur van die Bantoe-administrasie-afdeling, ‘n groep van ongeveer 2 000 vroue by die Cato Manor-biersaal ontmoet. Die polisie was deur die oggend teenwoordig en mnr. Bourquin is deur lede van die polisie vergesel. Woordvoerders van die vroue het sommige van hul griewe uitgespreek, en mnr. Bourquin het die groot skare toegespreek. Aan die einde van die vergadering het die polisie die vroue gewaarsku om uiteen te gaan. Toe hulle versuim het om dit te doen, het ‘n polisieknuppelstormloop plaasgevind. Tonele van algemene wanorde en oproer het gevolg waartydens ‘n aantal skote afgevuur is. Mans het by die Swart-vroue aangesluit, van wie sommige per bus van die stad af teruggekeer het.

  • Die ongevallelys vir die Durban-onluste in 1954 het uit 142 sterftes en 1 087 beseerdes bestaan. (Hierdie syfer en datum maak nie vir my sin nie. Die SAPS-argief kan ook geen lig hierop werp nie. Die ongevalle in die 1949 Zulu/Indiër onluste stem hiermee ooreen.)

Hoofman Albert Luthuli, president van die African National Congress, het ‘n persverklaring uitgereik waarin hy ‘n beroep doen op vrede by Cato Manor en vir ‘n terugkeer na normaliteit so gou as moontlik bepleit. Hy het verklaar dat die griewe van die mense geformuleer is en aan die owerhede voorgelê moet word. Hy het belowe dat die African National Congress alles in sy vermoë sal doen om ‘n oplossing vir die klagtes te vind.

Die opperhoof van die Zoeloes het ook ‘n beroep op sy mense gedoen om kalm te bly en nie onverantwoordelik op te tree nie. Hy dring daarop aan dat griewe deur die regte kanale by die owerhede ingedien moet word.

Aan die begin van Julie het die stadsraad en polisie besluit om aksie teen onwettige drankbrouery in Cato Manor te verskerp. ‘n Persberig het gesê dat teen 9 Julie byna 86 000 liter shimiyane vernietig is, en 55 persone is gearresteer op drankaanklagte.

“Tribute has been paid to the police from many quarters for their handling of (the riots and disturbances in Durban and other centres in Natal. Ex-Chief Luthuli, in a statement published on 23 August, expressed his heartfelt gratitude to the police for the patience and restraint they had shown.

Some criticism has been expressed at the methods of reporting of the Durban riots in some overseas newspapers. At a meeting in June, the Executive Committee of the Durban Branch of the South African Society of Journalists decided to ask its national council to protest to the British Press Council at the poor standard of reporting in certain overseas papers, drawing attention to the slur which reports of this nature cast on the integrity of English South African journalists”.

Kommentaar deur Hennie Heymans

  1. Op 24 Januarie 1960 word nege lede van die SA Polisie in Cato Manor vermoor en ‘n paar maande later, op 21 Maart 1960, vind die Sharpeville-slagting plaas,
  2. Let op die gesindheid van hoofman Luthuli – in sy boek is sy kritiek op die SA Polisie baie gunstig.
  3. Let op die gesindheid van die Durban persgenootskap teenoor hul buitelandse eweknieë. Na Sharpeville begin ons om die “politieke oorlog” te verloor. Koerante in Suid-Afrika is baie krities teenoor polisie-optrede.

Your content goes here. Edit or remove this text inline or in the module Content settings. You can also style every aspect of this content in the module Design settings and even apply custom CSS to this text in the module Advanced settings.

Beeldmateriaal van die onluste in die www.britishpathe.com biblioteek.