MY EERSTE GRENSBESOEK, 1988

AO Gert Visagè

ABSTRACT

A police colleague’s son visited the border as a 14-year-old boy. He shares his memories

Search Terms: SA Police; Border War; Oshakati

 

So loop my geheue terug na Oshakati, 1988.

As ‘n 14-jarige laaitjie wat gedink het om ‘n polisieman te word. Aan die Flossie wat geland het op Ondangwa, met die pilot se duik-maneuvers om moontlike missiele te ontduik…

So ‘n 3-ure vlug vanaf Waterkloof-lugmagbasis. Die sandsakke teen die huis op Oshakati, wat as beskerming dien ingeval van ‘n aanval. Oujaarsaand was dit “duisendvoeters, pencilflair en donderbuise” wat afgeskiet is.

Die witsand van Oshakati het mooier gelyk as seesand, maar natuurlik sonder die see se golwe – net maar die mirage in die verte van die hittegolwe…

Wat ‘n belewenis!

Vandag nog respek vir hulle wat daar was en veral vir hulle wat die hoogste prys betaal het om te dien en te beskerm: Servamus et Servimus.