Via Hendrik van den Bergh vanaf Theuns Dreyer

Inleiding

Die Suid-Afrikaanse regering het nog altyd, so ver ek weet, lede van die Mag en Nasionale Intelligensie gehad om by die Raad op Atoomkrag (RAK) en die Uraanverrykingskorporasie (Ukor). Afgetrede senior offisiere soos bv genl Els en genl MCW Geldenhuys was ook daar werksaam.

Magtiging om Uraan-installasies te besoek

My goeie vriend, Hendrik van den Bergh, het die volgende aanstellingsertifikaat na my per selfoon gestuur met magtiging van mnr Dreyer. Die aanstellingsertifikaat magtig speurder-hoofkonstabel JL Baartman om in die uitvoering van sy plig uraaninstallasies te besoek. Die sertifikaat is deur genl HJ du Plooy – as adjunk-kommissaris – geteken en gedateer 16 Mei 1966.

Kommentaar deur HBH

Die sertifikaat is deur die staatsdrukker gedruk gedurende 1954-55 en ‘n 100 vorms was gedruk.

Uraan in Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie[1]

Die ontginning van uraan in Suid-Afrika geskied hoofsaaklik as ʼn newe-proses van goud- en kopermynbou.[1] As sodanig is die land nie ʼn groot produsent van die mineraal nie. In 2019 het Suid-Afrika 346 ton uraan geproduseer.[1]

Daar is tans twee produsente van uraan in Suid-Afrika. Sibanye-Stillwater herverwerk uitskot mynerts by sy Cooke-goudmyn, 35 kilometer wes van Johannesburg.[2] Dieselfde word buite Stilfontein by die Buffelsfontein-goudmyn gedoen.

Geskiedenis

In 1951 is daar besluit om uraan van uitskot mynerts op Suid-Afrika se talle goudmyne te ontgin.[1] Gevolglik is die Kernbrandstofkorporasie van Suid-Afrika (Nufcor) gestig.[1] Nufcor het in 1998 deel van Anglo Gold geword.[1] Uraanproduksie het ʼn hoogtepunt van rondom 600 ton in 1960 bereik, maar produksie het geleidelik weer begin daal.[1]

Gebruike van uraan

Uraan word verryk ten einde:[3]

kommersiële kernkragsentrales aan te dryf; en

isotope te vervaardig wat gebruik word vir mediese, industriële en wapendoeleindes

Ontginning

Uraanerts kan in oopgroef- of ondergrondse myne ontgin word waarna dit op die perseel fyn gemaal word om die uraan van die erts te skei.[3] Verder kan uraanerts in direk in die ertsneerslag opgelos word waarna dit na die oppervlak gepomp word in ʼn proses wat in situ-loging genoem word.[3] Uraan word as uraanoksiedkonsentraat (U3O8) in die mark verkoop.

In Suid-Afrika word die uraanerts met aangepaste vragmotors van Nufcor per pad vervoer na laasgenoemde se aanleg naby Westonaria.[1]

Verwysings

  1. https://af.wikipedia.org/wiki/Uraan_in_Suid-Afrika afgelaai op 11 Oktober 2023.