Nongqai blog post Sinoville Brandbestrydingsvereneging header image

ABSTRACT: The community of Sinoville, a neighbourhood to the East of Pretoria, established their own volunteer fire brigade. This blog post explains what they have done, with links to their website and a video, so that other communities may consider following suit.

KEYWORDS: VOLUNTEER COMMUNITY FIRE BRIGADE; SINOVILLE BRANDBESTRYDINGSVERENIGING

SINOVILLE STEL VOORBEELD MET EIE GEMEENSKAP-BRANDBESTRYDING VERENIGING

Die gemeenskap van Sinoville, ‘n buurt van Pretoria, het ingespring en ‘n eie brandbestryding-diens van opegeleide vrywilligers geskep om self huis en haard te kan beskerm wanneer die nood toeslaan.

Die projek staan onder leiding van bekende rekenmeester Mnr Johan Botha (bes moontlik bekend aan u as die Nongqai Trust se ouditeur, welke diens hy ook vrywillig aan ons lewer).

Die kort video hieronder verduidelik baie beter wat hulle doen, as wat mens hier in woorde kan neerpen – kliek asseblief op die skakel in die blokkie om daarna te kyk:

Om meer oor hierdie lofwaardige gemeenskapsinisiatief en die Sinoville Brandbestrydingsvereniging (‘n geregistreerde Publieke Belang Organisasie  sonder winsbejag) te wete te kom, besoek hulle web-werf. Die skakel in die blokkie hieronder, sal u soontoe lei:

Volpunte aan Mnr Botha en sy mede-vrywilligers vir hierdie uitstekende inisiatief! Met die voorbeeld wat u daargestel het, kan almal nou sien wat moontlik is en gedoen kan word met eie energie en fondse bygedra uit ‘n besorgde gemeenskap, in tye waar self-versorgendheid al hoe belangriker word…