Valskermeenheid C1 Vlakplaas

VALSKERMEENHEID: SEKSIE CI (VLAKPLAAS) : VOORMALIGE MK, APLA EN SAP-LEDE

ABSTRACT : During 1988, the idea arose to train former MK and Apla members who were connected to Vlakplaas in parachuting. This thought was preceded by three weeks of intensive training at Penge mine near Burgersfort. The training included assault tactics, rope work, physical exercises, lots of shooting, training in both Western and Eastern Bloc weapons, house clearing with hand grenades and practiced devices and essential basic first aid.
KEYWORDS : APLA, MK, mkonto weziwe Penge, Burgersford, Vlakplaas, parachutist, Adriaan Vlok, C Section
AuthorCol EA de Kock
Col Eugene de Kock

Col Eugene de Kock

Gedurende 1988 het die gedagte ontstaan om voormalige MK- en Apla-lede wat aan Vlakplaas verbonde was, op te lei in valskermspring. Hierdie gedagte is vooraf gegaan deur drie weke se intensiewe opleiding te Penge-myn naby Burgersfort. Die opleiding het onder meer behels aanvalstaktiek, touwerk, fisiese oefeninge, baie skiet, opleiding in Westerse- sowel as Oosblok-wapens, huisopruiming met handgranate en geprakseerde toestelle en noodsaaklike basiese noodhulp. 

Hierdie was die eerste swart valskerm-eenheid in die SA Polisie.

Voormalige MK lede onder opleiding

Voormalige MK lede onder opleiding

Voormalige APLA lid onder opleiding

Voormalige APLA lid onder opleiding

Met ‘n vooruitskouing sou dit mettertyd nodig gewees het om hulle vir landelike- sowel as stedelike teen-insurgensie opleiding te laat ondergaan. Onthou alle insurgente was militêr opgelei en daarom was dit nodig om hierdie teen-terroriste eenheid tot op ‘n maksimum vlak ‘effektiewe doeltreffendheid op te lei. Daar was beoog om hulle later op ‘n gevorderde valskermkursus te stuur.

Ek is nie seker van  die getal lede wat ons opgelei het nie, maar minister Adriaan Vlok het by geleentheid 19-vlerkies aan swart en wit lede oorhandig.

Die eenheid was is verskeie vuurgevegte betrokke waar hulle suksesvol was.

Hulle was voorbereid vir operasionele spronge, maar hulle het egter nooit operasioneel gespring nie veral omdat 1990 se onderhandelinge aangebreek het.

Vlakplaas vlerkies

Vlakplaas vlerkies

Vlakplaas-dasspeld, -mansjetknoop en -lapelwapen. Daar was ook ‘n Vlakplaasdas.

Vlakplaas-dasspeld, -mansjetknoop en -lapelwapen. Daar was ook ‘n Vlakplaasdas.

Nota: Kol de Kock deel mee alle gietvorms is vernietig enige splinternuwe items sal noodwendig kopieë wees.

Vlakplaas trofee

Vlakplaas trofee