Lt-kol Philip Malherbe (SAP-afgtr.)

Abstract                                                                                                    Abstrak

The history of prisoners of war is as old as the history of war. Over the centuries, the treatment of POW’s has varied and has been adapted over the years. After the Geneva Convention on POW’s, structures were finally put in place to monitor it. Then follows the farce that there are countries that have a veto right on the Geneva Convention.

Die geskiedenis van krygsgevangenes is so oud soos die geskiedenis van oorloë. Gedurende die eeue het die behandeling van ­(KG) gewissel en is dit oor die jare aangepas. Na die Geneefse Konvensie betreffende KG is daar uiteindelik strukture in plek gesit om dit te monitor. Dan volg die klugspel dat daar lande is wat ʼn veto-reg het op die Geneefse Konvensie.

Krygsgevangenes

https://www.google.com/search?q=Prisoner+of+War&tbm=isch&ved=2ahUl=en

Wie word geag ‘n Krygsgevangene (KG) te wees?

Krygsgevangenes is soldate op land, soldate op see, en soldate in die lug wat gevang word in oorlogstyd, asook alle vegters wat in die hande van ‘n vyandelike party val gedurende ‘n konflik met ‘n internasionale gewapende mag, sowel as lede van oorlogvoerende militante of vrywillige magte as deel van die gewapende magte. Dit sluit soldate in wat ‘n vasgestelde uitkenbare kenteken het wat van ‘n afstand herken kan word; wie openlik wapens vertoon; operasies uitvoer luidens die wette van gewapende konflik.

Die breër definisie sluit ook gewone georganiseerde gewapende magte, hul gewondes; siekes; en skipbreukelinge, guerrillas, burgerlikes wat openlik die wapen opneem teen die vyand, of nie-vegtendes wat geassosieer word met ‘n militêre mag.

Vegtendes moet onderskeibaar wees van die burgerlikes, tydens ‘n militêre operasie, indien nie verloor hulle hul gevegstatus indien hul gevangene geneem word – wat meen dat hul ook hul KG-status verbeur en verhoor kan word. Vermelde persone word beskerm onder humanitêre wetgewing en die Geneefse Konvensie.

Die komitee van die Rooi Kruis kan te alle tye betrokke raak as ‘n onpartydige party, en hul dienste gratis aanbied.

Wat gebeur as jy ‘n Krygsgevangene (KG) word?

Afgesien daarvan dat jy in ‘n spesiale “kamp” aangehou word, is jy veronderstel om alle regte en voorregte te geniet wat die opponent se magte geniet. Dit sluit ten minste kos, water, skuiling, klerasie, oefeninge, korrespondensie, godsdienstige voordele, en ander basiese menslike behoeftes in.

Hoe word jy ‘n Krygsgevangene (KG)?

Soldate wat gevangene geneem word met die status per die Geneefse Konvensie. Veral ‘n soldaat, wat terwyl betrokke is om te veg, onder bevele van sy regering, gevangene geneem word deur die vyand se gewapende magte.

Kan ‘n Krygsgevangene (KG) ontsnap?

KG kan wettiglik poog om van hul gevangenis nemers te ontsnap. Dit word self deur sommige beweer dat die KG ‘n morele verpligting het om te poog om te ontsnap. Dan word dit gemotiveer deur patriotisme.

Toeligting

Duitsland, gedurende die 2de Wêreld Oorlog, China en Japan met hulle oorloë het geen genade vir hul opponente gehad nie. Hulle is na willekeur om die lewe gebring vir die “geringste oortreding”.

Hoe lank word ‘n Krygsgevangene (KG) aangehou?

Normaalweg, tot die einde van die Oorlog.

Waarom word Krygsgevangenes (KG) gearresteer?

Oorlogvoerendes, hou KG in aanhouding vir verskeie wettige en onwettige redes, om hulle te isoleer van hul vegtende makkers wat nog in die veld veg en word dan gerepatrieer (op ‘n ordelike wyse en teruggestuur na hulle lande van herkoms, nadat die oorlog tot ‘n einde kom); demonstreer hul militêre oorwinning; om hulle te straf; aan te kla van oorlogsmisdade, …ens.

Wat is die ouderdom van Krygsgevangenes (KG)?

Daar is geen amptelike ouderdomsbeperking waarop aanspraak gemaak kan word as KG nie; ouderdom mag wel aangevoer word om sekere voorregte te ontvang. Alhoewel, ‘n kind-vegter onder vyftien jarige ouderdom kan nie gevonnis word omdat hulle ‘n wapen gedra het nie.

Wie was ‘n beroemde Krygsgevangene (KG) in Suid Afrika?

Die beroemde Nobel pryswenner en vorige President van Suid Afrika Nelson Mandela, wat 18 jaar van sy 27 jaar gevangenis straf uitgedien het op Robbeneiland.

Toeligting

Alhoewel hy nie aktief aan die gewapende geweld deelgeneem het nie, was hy die breinkrag agter die stigting van “Umkhonto we Sizwe” (sabotasie eenheid van die ANC) en deel van die ANC/SAKP se hoofkomitee wat die gewapende geweld beplan het. Sover terug as 1953 het hy sy buurman en medehooflid van die ANC, Walter Sisulu, wat op daardie stadium ‘n jeugkongres in China sou bywoon, versoek om die Chinese regering te nader vir wapens, indien die ANC, sou besluit om die SA regering met gewapende geweld aan te vat. Sisulu kon egter nie die Chinese regering oorreed nie en het met leë hande teruggekeer. Gedurende 1962 het Mandela militêre opleiding in Marokko ontvang deur die “Liberation Front” van Algerië.

Die naaste wat hy aan gewapende geweld gekom het was om saam met Jack Hodgson (Ontploffing Bevelvoerder saam met Harold Strachan, wat in die ANC Hoofkomitee gedien het), Wolfie Kodesh en ‘n onbekende apteker, het in 1961 petrol bomme getoets, asook ‘n tuis vervaardigde ontploffings toestel, wat aanvanklik weens ‘n foutiewe skakelaar nie wou ontplof nie, en na ‘n verstelling, wel ontplof het.

Wat is die reëls vir ‘n Krygsgevangene (KG)?

Hulle mag nie in selle of ander vorm van beperkte opsluiting gehou word nie (tensy in verband met kriminele of dissiplinêre bepalings). Hulle kan wel, aangehou word – in kampe om te verhoed dat hulle terugkeer na die oorlogsveld. Hulle moet egter vrygelaat word en uitgelewer word aan die einde van aktiewe vyandelikhede.

Toeligting

Die geskiedenis van KG is so oud soos die geskiedenis van oorloë. Tydens primitiewe tye, is die krygers geag as die persoonlike besitting van die gevangenemer en in slawerny geforseer. Tydens die Griekse en Romeinse Keiserryke het ook die KG geforseer om in dodelike swaard vertoon gevegte betrokke te raak tot vermaak van die skare.

Gedurende die Middel Eeue, het die konsep van ʼn losprys ontstaan, en was dit ten voordeel om welgestelde soldate gevangene te neem. Die aanhouding van gevangenes as slawe was ʼn uitgawe, hul verblyf en om hulle te voed; dus is prisoniere net aangehou as dit voordelig was en die moeite werd was vir die gevangenemer. Soldate met min status en geen weelde nie is doodgemaak, om die gevangenemer se koste te besnoei. Die vrouens, kinders en bejaardes van die verslane vyand is dienooreenkomstig hanteer.

Die gevangene, hetsy of hulle deel was van die oorlogvoerende magte, was geheel en al afhanklik van die oorwinnaars se genade, hul voortbestaan het afgehang van faktore soos die beskikbaarheid van voedsel of hul nuttigheid aan die oorwinnaar. Indien toegelaat om te lewe, is die gevangene geag as bloot ‘n stuk verskuifbare besitting. Gedurende die religieuse oorloë, was dit algemene gebruik om ongelowiges dood te maak. Nadat Julius Caesar oorgeneem het is KG onder sekere omstandighede losgelaat as ‘n vry slaaf in die Romeinse Ryk.

Gedurende 1625 is die Wet van Oorlog en Vrede deur Hugo Grotius saamgestel, wat verklaar het dat oorwinnaars in oorloë die reg het om die verslane vyand as slawe te neem, maar ook die keuse moet hê om lospryse te aanvaar. Die idee was om so min as moontlik skade aan mense en eiendom gedurende oorloë aan te bring. Met die Verdrag van Westphalia in 1648, is besluit om gevangenisse vry te laat sonder losprys, wat algemeen aanvaar is as die end van ‘n era van wydverspreide slawerny van oorlog gevangenisse.

Soos oorloë verander het, so het die hantering van KG verander. Slaweneming van vyandelike oorlog soldate in Europa het afgeneem gedurende die Middel Eeue, en loskoping was nog tot in die 17de eeu voortgeduur. Burgerlikes in die verowerde magte is nie dikwels gevangenis geneem nie, aangesien hulle nie vegters was nie en dit nie nodig was om hulle gevangene te neem nie. Die ontwikkeling en gebruik van huursoldate het ‘n meer verdraagsame klimaat geskep, aangesien die oorwinnaar in een geveg bewus daarvan was dat hy die verslaener in die volgende konflik situasie mag wees.

Gedurende die 17de en 18de eeue, was daar ‘n meer moderne houding tov die status van KG, die verhouding het verander na ‘n meer strenger ooreenkoms tussen state. Individuele soldate was die vyand solank as wat hulle gewapen was en die gevangenemer hom beperk het om terug te keer na die gevegsfront. Dit het ‘n meer menslike behandeling tot gevolg gehad, vir die geklassifiseerde KG.

Gedurende die 18de eeu is ‘n nuwe houding teenoor moraliteit ingeslaan met die Wet van Nasies, of Internasionale Wetgewing, wat ‘n diepgaande effek op KG gehad het. Kortliks kom dit daarop neer dat die enigste reg wat die oorwinnaars op oorlog gevangenisse gehad het, was om te verhoed dat hy enige skade veroorsaak. Die gevangene kon nou nie meer hanteer word as ‘n stuk eiendom net om van ontslae te raak nie, die enigste oogmerk moes wees om hom van die geveg te verwyder.

Anglo Boer War - Camps for Boers - Bermuda

Boere KG-gevangenes

Tydens die Anglo Boere Oorlog waartydens boere gevangene geneem is, was daar nie konsentrasie kampe beskikbaar nie en is aangehoudenes aanvanklik op skepe aangehou. Daar was geen gepaste plekke beskikbaar nie, en die Britte het vervoerprobleme gehad; dan het die moontlikheid bestaan dat die Boere in die veld hul makkers sou bevry; asook die las om hulle van voedsel te voorsien. Van die 28,000 Boere wat gevangene geneem is, asook die wat oorgegee het, is 25,630 oorsee aangehou.

Gedurende die Tweede Wêreld Oorlog is miljoene persone gevange geneem onder verskeie omstandighede wat gewissel het van uitstekend tot barbaars. Die VSA en Brittanje het oor die algemeen die standaarde van die Geneefse Konvensie gehandhaaf. Duitsland het sy Britse, Franse, en Amerikaanse gevangenisse taamlik goed behandel, maar die Sowjet, Poolse en ander Slawiese KG gedood. Van die 5,700,000 Sowjet soldate wat gevangene geneem is het slegs 2,000 dit oorleef; meer as 2,000,000 uit die 3,800,000 Sowjet troepe wat gedurende 1941 gevangene geneem is, het van hongersnood gesterf. Die Sowjet Unie het toegelaat dat honderd duisende Duitse gevangene troepe in hul arbeids kampe sterf.

Japan het die Britte, Amerikaanse en Australiërs gevangenes wreedaardig behandel en slegs 60% het oorleef. Na die oorlog, het internasionale oorlogsmisdryf-verhore plaasgevind in Duitsland en Japan, gebaseer op die konsep dat oortredings van basiese beginsels van oorlogswette strafbaar is as oorlogsmisdade.

Net na die einde van die Tweede Wêreld Oorlog is die Geneefse Konvensie van 1929 aangepas na die Geneefse Konvensie van 1949. Dit het die konsep bevestig dat KG verwyder moet word van die gevegsterrein en menslike behandeling moet ontvang sonder die gevaar om hul burgerskap te verloor. Vermelde konvensie van 1949 het die term van gevangene uitgebrei om nie net gewapende magte in te sluit nie, maar ook die burgerlike verdedigingsmagte, vrywilligers, guerrillas en lede van weerstand bewegings indien hulle deel vorm van die gewapende magte, asook persone wat gewapende magte vergesel sonder dat hulle lede is, soos oorlog korespondente, siviele voorsienings kontrakteurs en lede van arbeidsdienste eenhede. Vermelde beskerming verskaf beskerming aan KG.

Net soos die verantwoordelikheid van die gevangenemer oor die jare verander en ontwikkel het, het die verantwoordelikheid van die individuele gevangene ook verander. Teen 1952, het Verenigde Nasies erken dat ʼn KG steeds ʼn aktiewe soldaat kan wees wat gedetermineerd mag wees om aan te hou om te veg, en te kenne gegee dat oorgawe nie noodwendig ʼn aanbod tot vrede is nie. In 1953 het die VSA hul soldate opdrag gegee dat indien hul gevange geneem word hul taak is om te poog om te ontsnap. Hul het verder opdrag ontvang om net hul naam, rang, diens nommer, en geboortedatum te verskaf.

Dié beskerming verskaf aan KG, is blywend en bly van krag, regdeur hul tydperk van aanhouding, dit kan nie weggeneem word nie. Gedurende konflikte kan die gevangene gerepatrieer of oorhandig word aan ‘n neutrale nasie vir aanhouding of sorg. Aan die einde van al die vyandigheid, moet alle gevangenes vrygelaat word en sonder versuim gerepatrieer word, behalwe die wat nog voor howe moet verskyn of vonnisse moet uitdien luidens die regterlike prosesse.

In situasies, soos die inval van die VSA in Afghanistan, na die Sept 11 2001 aanvalle, is vegters wat op gevegsterrein gevangene geneem is bestempel as “onwettige vegters” en het geen beskerming onder die Geneefse Konvensie geniet nie.

Wat is die langtermyn effek van Oorlog Aangehoudenes?

Verhoogde sterftes in die begin jare weens hardhandige en wreedaardige, mishandeling, ongelukke en infeksies, voedings ontneming, marteling, politieke uitbuiting, isolasie, vernedering, tekort aan mediese behandeling, opsetlike onverskilligheid teenoor siektetoestande of beserings, spier-skelet aandoenings, maagaandoenings, en senuweelyers agv oorlogservarings. Sulke traumatiese lewens ondervindings het ‘n onmiddellike effek gehad op onmiddellike en lang termyn fisiese en geestesongesteldheid, met veranderde gesondheid optredes en spanning. Die KG van die Tweede Wêreld Oorlog wat gewig verloor het, het kwaadaardige gangreen opgedoen met die risiko om senuwee siektes op te doen.

Wat is die geval met spioene wat gevangene geneem word?

Gewapende vegters wat gevangene geneem word terwyl hul betrokke is in spioenasie (wat hul status as vegter verbloem het geen KG status nie) kan slegs skuldig bevind en gevonnis word na ‘n verhoor. Wanneer ‘n spioen, by die weermag aansluit, en gevangene geneem word, moet as ‘n KG hanteer word en moet daar geen verantwoordbaarheid wees vir vorige dade van spioenasie nie.

Kan ‘n Krygsgevangene geblinddoek word?

Blinddoek word wyd beskou as ‘n vorm van marteling, wetstoepassers beskou dit as ‘n oortreding van internasionale reg, onder die Derde en Vierde Geneefse Konvensie, wat bepaal dat persone in aanhouding en kontrole van vyandelike magte menslik behandel moet word. Hulle mag nie vermink, gemartel of wreed behandel word nie.

Watter lande het veto reg op die Geneefse Konvensie op Oorlog gevangenes?

Frankryk, die VSA, Rusland, Brittanje en China as permanente lede, het veto reg, agv die feit dat hulle beskou word as industriële ontwikkelende lande.

Bronne

https://www.britannica.com/topic/prisoner-of-war

https://www.icrc.org/en/document/prisoners-war-what-you-need-know

https://www.nps.gov/ande/learn/historyculture/history-legal-status-pows.htm

extension://efaidnbmnnnibpcajpcglclefindmkaj/https://www.thelancet.com/pdfs/journals/lancet/PIIS0140673603150623.pdf

https://www.nationalww2museum.org/war/topics/prisoners-world-war-ii-pows?page=1

https://www.angloboerwar.com/other-information/89-prisoner-of-war-camps/1837-boer-prisoners-of-war

https://www.google.com/search?q=How+many+member+countries+have+got+veto+power+in+the+UN+Security+Council+and+why-serp

Simpson, T, Umkhonto we Sizwe The ANC Armed Struggle, 2016.

POW (PRISONER OF WAR) – KRYGSGEVANGENE (KG)