Femicide Criminal profiling

ABSTRACT: The article deals with the concept of profiling, a personal view of the concept and a proposal for an Afrikaans substitute for the word “profiling”. The content of the article refers to the definition of profiling and offers speculative illustrative analysis and synthesis of international and South African unsolved femicides and emphasizes the importance of four important facets of investigation viz. The Modus Operandi of the offender and damage caused; the motivation of the offender; underlying psychodynamics in the offender; and the personality of the offender. A summary of characteristic similarities and commonalities of the murders is presented.

KEYWORDS: Murder, femicide, prostitute, gender violence, profiling, unsolved, violence

 AUTHOR: Dr Coert Mommsen

Ek het vir ‘n geruime tyd reeds as deel van my “Artikel Idees”, “Profiling” as ‘n moontlike tema vir ‘n artikel aangeteken. Omdat ek niks daarvan weet nie, het ek vir my redakteur by Nongqai, Brigadier Heymans gevra wat dit eintlik is.

Sy Antwoord was: “Die FBI het sielkundiges wat Profiling doen op kriminele – om te help om reeksmoordenaar op te spoor of om te probeer voorspel wat die misdadiger gaan doen of wie sy volgende teiken gaan wees”.

My Antwoord was:  “Dankie vir die beskrywing /redusering.

Dit het my in staat gestel om die eerste beginsels vir ‘n naam en beskrywing neer te lê. Ek beplan om lg, in ‘n artikel uiteen te sit.  Dit sal seker eers DV in die nuwe jaar gereed wees. C.M.

Na ons gedagtewisseling het ek  iets gedoen wat ek baie keer doen wanneer ek met ‘n vreemde ding te make kry, naamlik, om my voorkennis daaroor te toets. Ek  besluit toe ek gaan na aanleiding van die Brigadier se antwoord op my vraag, probeer om oor die begrip  “profiling” te spekuleer en soveel moontlik, kern-idees oor die beginsel, te genereer en op te teken, voordat ek enige bron oor die onderwerp nalees. Sodoende kon ek myself (soort van) toets. Gedagtes wat by my opgekom het was die volgende:

  • Die elemente van “profiling” het te make met die volgende:
  • Dit vorm deel van elke misdaad oplossing
  • Dit word voorafgegaan deur ontleding (analise)
  • Deur die identifisering van spesifieke bronne van inligting soos psigodinamiese prosesse; en die
  • En die analise en samestelling van gegewens

Essensieël blyk dit dat profiling verband hou met analise en sintese van beskikbare inligting. Dit kom daarop neer dat toepaslike inligting ontleed en saamgestel word. Die woord “Profiling” loop eintlik die prosedure vooruit deurdat dit  verwys na die aaneenskakeling van opvallende kenmerke van ‘n situasie vir die samestelling van ’n geheelbeeld (Soos in “Koppel die kolletjies”).

Dus kom “Profiling” kom eintlik neer op versamel, ontleed en saamstel. My gedagte in alle nederigheid dat ‘n samestelling van die woorde “ontleed” en “sintese”(samestelling), vir ‘n Afrikaanse woord “Sintesering” oorweeg kan word.

Dit kan van baie hulp wees om vir die doeleindes van sintesering, teorieë te formuleer oor die oortreder se

  • Modus Operandi (Gedrag/optrede tydens die misdaad),
  • motiewe, en
  • onderliggende psigodinamika.

Formele definisie

Burgess M. en Douglas J.E. gee ‘n kort definisie en opsomming van Sintesering (“Profiling”) in hul artikel getiteld Criminal Profiling – A Viable Investigative Tool Against Violent Crime:

“Die kriminele profileringsproses word deur die FBI gedefinieer as ‘n tegniek wat gebruik word om die verrigter van ‘n geweldsmisdaad te identifiseer deur die persoonlikheid en gedragseienskappe van die oortreder te identifiseer op grond van ‘n ontleding van die misdaad wat gepleeg is.”

“Die proses behels gewoonlik (1) evaluering van die kriminele daad self, (2) omvattende evaluering van die besonderhede van die misdaadtoneel(e), (3) omvattende ontleding van die slagoffer en (4) evaluering van voorlopige polisieverslae. Bykomende stappe is (5) evaluering van die lykskouingsprotokol van die mediese ondersoeker, (6) die ontwikkeling van ‘n profiel met kritieke oortreder-eienskappe en (7) ondersoekende voorstelle wat gebaseer is op die konstruksie van die profiel. Kriminele profilering is veral nuttig in gyselaarsonderhandeling en identifisering van skrywers van dreigbriewe, verkragters, brandstigters en seksuele moordenaars “ Die skrywers gaan voort:

“Kriminele profilering het sy billike deel van ondersteuners en teenstanders. Hierdie aspek van die veld van sielkunde, ook bekend as gedragsanalise, bied praktiese instrumente vir wetstoepassing waarmee reeksmisdadigers aangekeer kan word. Dit is reeds in die 1940’s gebruik om FBI- en plaaslike agentskappe se ondersoeke te help, maar eers in die middel van die 1970’s geformaliseer. Reeksoortreders is dikwels moeilik om op te spoor weens hul hoë intelligensie, die ontkoppelde aard van plaaslike wetstoepassing en ander faktore. Gedragsanalise skep ‘n profiel wat dan gebruik word om oënskynlik onverbonde voorvalle met mekaar te verbind. In die artikel hieronder gaan ons kyk na vyf van die berugste reeksmoordenaars wat gevang is danksy kriminele profilering”.   (1) https://www.ojp.gov/ncjrs/virtual-library/abstracts/criminal-profiling-viable-investigative-tool-against-violent-crime

Onopgeloste sake

As ‘n liggaam gevind word en daar is geen getuies of enige aanduidings van wie die moord gepleeg het nie, kan dit vir die polisie baie moeilik wees om ‘n verdagte te identifiseer,” sê Gareth Newham van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) (Mkhuma, 2015).

Newham meen verder:

“Ongelukkig is die situasie in Suid-Afrika nie veel anders nie, aangesien die meerderheid ernstige misdade onopgelos bly. Die jongste SAPD-jaarverslag vir die 2019/2020-boekjaar dui aan dat slegs 36,17% van verdagtes (751 720 uit ‘n totaal van 2 078 225) in ernstige misdade soos moord, poging tot moord en verkragting opgespoor word (SAPD, 2020a). “ (2)

https://www.servamus.co.za/index.php/component/content/article/208-servamus-sept-2021/673-cold-cases-cold-justice

Illustrerende spekulatiewe beskouings van bekende onopgeloste moorde

Internasionale onopgeloste sake

Elizabeth Short (Swart Dahlia)

Modus Operandi en Fisiese skade aangerig

Die berugte Black Dahlia-saak het speurders al dekades lank verstom sedert die twee helftes van Elizabeth Short se liggaam in Los Angeles gevind is. In Januarie 1947 was Betty Bersinger en haar dogter die eerste wat Short se verminkte liggaam gevind het, volgens CNN. Haar liggaam is in twee helftes in die middel gesny, haar ingewande verwyder en haar mond van oor tot oor gesny – ‘n sg.“Glasgow-glimlag”. Die moordenaar haar liggaamsdele gewas voordat hy dit in ‘n leë veld gestort het.  (3)

https://www.yahoo.com/entertainment/black-dahlia-autopsy-elizabeth-short-114120646.html

Elizabeth Short was ʼn aspirerende aktrise. Sy was besonder aantreklik met lang, donker krulle. Sy kon waarskynlik enige man se aandag trek en maklik toenadering ontlok. Die moontlikheid bestaan dat sy van haar voorkoms en talente gebruik gemaak het om haar doelwit te bereik. In dié proses sou sy sekerlik in aanraking gekom het met persone soos talent soekers en Hollywood agente/Individue wat hulself as sulks voordoen. Van die voordele verbonde aan haar soektog sou sy sekerlik dikwels deur sulke persone getrakteer en geromantiseer word. Baie sou sekerlik vergoeding van haar verwag. Dié het waarskynlik gewissel van ʼn “lek en ʼn belofte” tot meer intieme kontak. Elizabeth se liggaam is in twee gedeel, gewas en haar ingewande verwyder. Sy was 5 vt 4 dm lank en het 52 Kg geweeg. Om haar liggaam te vermink soos gebeur het, sou waarskynlik ʼn sterk persoon verg met anatomiese kennis. (Om ʼn menslike ruggraat te ontkoppel is sekerlik nie ʼn maklike taak nie.)  Verder sou die was, middeldeur sny en vervoer van haar liggaamsdele baie fisiese krag en fiksheid verg soos dié van iemand wat sy/haar gesondheid oppas deur gereeld oefeninge te doen. Die moordenaar sou dus fisies sterk gebou gewees het.

Motivering

Motivering in die geval van Elizabeth se moord kan wissel van ontoereikende seksuele prestasie tot jaloesie en besitlikheid, of ʼn kombinasie hiervan.

Moontlike onderliggende psigodinamika

Faktore soos ontoereikende seksuele prestasie, bespotting hieroor (Glasgow glimlag) skeiding van die liggaam (skeiding van die onderlyf (seksuele) – en bolyf (Skoonheid)) kon die gevolg kon wees van intense ambivalensie (Konflik tussen die aangetrokkenheid deur die voorkoms (Gesig)  en seksuele aangetrokkenheid (Onderlyf). (Spekulasie ter verduideliking: “Hoe kon iemand so mooi soos jy my só  verneuk en verneder?) Die moordenaar was waarskynlik ongetroud en nuut in die vermaklikheids-werwingsbedryf. Moontlik het hy hom voorgedoen as ʼn regte  talent-agent.

Persoonlikheid

Waarskynlik sterk Introvert, Ontoereikende Persoonlikheid, Narsissistiese persoonlikheid, “Intermittent explosive disorder”.

Jack the Ripper

Modus Operandi en Fisiese handeling

Daar is duidelike ooreenkomste tussen JTR en ander prostituut moordstyle. Oor die jare het belangstellendes seker al aan die gruwelikstes gewoond te raak:

Die meeste slagoffers was prostitute;

  • Baie was drinkers;
  • Almal is (oënskynlik) in die gesig geslaan (sommige erger as ander);
  • Almal is dodelike steekwonde toegedien en waarskynlik toe oopgesny;
  • Die snye was vinnige hale (“Ripped”) Tydens ʼn “Frenzy”( waansinnige uitbarsting) van die buik tot by die pubiese area. Byna soos dié wat dit sou verg om ʼn vleiskarkas te ontderm;
  • Die ingewande was uit sommige slagoffers verwyder;
  • Die hale word soms beskryf as sigsag / hakerig (amper soos dié wanneer ʼn mens ʼn dier se ingewande vinnig moet verwyder);
  • Die lem/mes wat gebruik is vir die doodsteke én die ingewand-verwydering moes deur ʼn kenner gekies en geslyp gewees het (amper soos dié vermoëns wat van professionele slagters/vivisektioniste vereis word);
  • Daar is min verwysing (in die verslae wat nagegaan is), oor die ingewande en bloed van die slagoffers (by die lyke self). Lg. moes ekstreem gewees het tydens die slagting en moes op ʼn baie onopsigtelike wyse verwyder/vernietig word, soos in ʼn slaghuis of ingerigte werkplek;
  • So ʼn fasiliteit (Slaghuis of werkvertrek) moes in die nabye omgewing gewees het.

Volgens ʼn verslag kon mens vir 3p (2 ½ sent) ʼn groot glas Jenewer en ʼn stuk gedroogde brood koop. Dus, was erge honger stres swaarkry en depressie seker deel van die meeste vroue in Whitechapel se daaglikse bestaan. Die Ripper was heelwaarskynlik bewus hiervan en het self erge hongersnood beleef. Hy was waarskynlik ʼn slagter van beroep en wanneer hy genader was deur slagoffers, kon hy hulle Jenewer aanbied (“Die enigste verligting in hierdie ellendige lewe was ‘n bottel Jenewer wat vir ‘n paar pennies gekoop kan word en salige vergetelheid kon bied”)  (4)   https://www.historic-uk.com/HistoryUK/HistoryofEngland/Jack-the-Ripper/  en ʼn lekker biefstuk of ander vleis. In ʼn toestand van besopenheid het hulle die aanbod aanvaar en is saam met JTR na sy slaghuis, waar hy hulle in die gesig/oor die kop geslaan het. Hy kon hy hulle hierna oopsny, die ingewande verwyder en die bloed afwas sonder om  ʼn teken hiervan agter te laat by die lyke. JTR was waarskynlik redelik jonk, fiks en geweldig sterk vanweë die feit dat hy vinnig moes gewerk het en die swaar (“dooie gewig”) lyke karwei.

Motivering

JTR het waarskynlik in moeilike omstandighede grootgeword. Sy motief vir die moorde was waarskynlik nie om sy slagoffers te pynig nie, maar eerder om vir die wêreld te wys hoe kwaad hy vir dié soort mens is/hierdie is hoe hierdie soort mens opeindig.

Onderliggende dinamika

Hy was waarskynlik vanweë sy intelligensie en ervaring, slim genoeg om ʼn beroep in die voedselbedryf na te volg. Voortgesette en onbevredigde behoeftes ten opsigte van moederlike versorging, getrouheid/lojaliteit van ʼn kind wat verwaarloos is in terme van bogenoemde (voedsel, sekuriteit  stabiliteit en getrouheid) kan vanweë jarelange voortgesette blootstelling aanleiding gee na vyandigheid en woede teenoor die moederfiguur. Hierdie vyandigheid kan geïntensifiseer word as die kyker besef die optrede van die moeder is vanweës alkohol misbruik/dronkenskap en heel moontlik, aanskouing en sintuiglike belewenis van geslagsverkeer tussen die moederfiguur en vreemdelinge).

Persoonlikheid

Jack the Ripper was waarskynlik ʼn psigopaat. (5)  https://www.casebook.org/dissertations/rn-old-wounds.html

Onopgelosde sake, Suid-Afrika

Onder tragiese onopgeloste moorde in Suid Afrika is dié van Luyanda Nkambule van Secunda en Tshegofatso Pule, om maar enkeles te noem:

Volgens ‘n AlJazeera berig lees die tragiese agtergrond van Tshegofatso Pule as volg:

“Tshegofatso Pule was agt maande swanger toe sy vermoor is en haar liggaam het op 5 Junie 2020 aan ‘n boom gehang. Dit is haar storie en die verhaal van die ander vroue wat op daardie dag deur mans vermoor is in ‘n land waar ‘n vrou elke vier uur vermoor word.”   (6)

https://www.aljazeera.com/features/2021/6/5/our-bodies-are-crime-scenes-south-africas-murdered-women

Dié berig reflekteer die omvang van geweld teenoor vroue in Suid Afrika en dit is belangrik dat ondersoek ingestel word na ʼn gemeenskaplike faktor wat hulle in gemeen het. Alleen dán sal nader beweeg word aan ʼn geldige diagnosering van die verskynsel en ʼn konstruktiewe ingrepe uitgevoer kan word.

Geen spekulasie met betrekking tot onopgeloste Suid-Afrikaanse moorde word in hierdie artikel bespreek nie, uit respek vir die regte van die slagoffers en die gevoelens van hul naasbestaandes.

Bekende suksesvolle sinteserings

Die webblad Online psychology degrees bespreek die belangrikheid van kriminele sintesering as volg: “Reeksoortreders val in verskillende kategorieë. Gedragsanalise kan wetstoepassers help deur insig te gee in die motivering en sielkundige samestelling van hierdie individue, of hulle nou brande stig, seksuele aanranding pleeg, diefstal pleeg of ‘n lewe neem. Omdat moord ‘n uiterste misdaad is, kan reeksmoordenaars deur al hierdie faktore gemotiveer word, benewens die pleeg van herhaalde moorde. Dikwels word hulle slegs voor die gereg gebring deur ‘n skerp begrip van gedragspatrone en eienskappe wat algemeen is vir misdade uiteen te sit, wat ‘n belangrike komponent van kriminele profilering is. Die skrywers van ʼn artikel getiteld Five Serial Killers Caught Using Criminal Profiling skryf in die inleiding van hul artikel die volgende:

“Kriminele profilering het sy billike deel van ondersteuners en teenstanders. Hierdie aspek van die veld van sielkunde, ook bekend as gedragsanalise, bied praktiese instrumente vir wetstoepassing waarmee reeksmisdadigers aangekeer kan word. Dit is reeds in die 1940’s gebruik om FBI- en plaaslike agentskappe se ondersoeke te help, maar eers in die middel van die 1970’s geformaliseer. Reeksoortreders is dikwels moeilik om op te spoor weens hul hoë intelligensie, die ontkoppelde aard van plaaslike wetstoepassing en ander faktore. Gedragsanalise skep ‘n profiel wat dan gebruik word om oënskynlik onverbonde voorvalle met mekaar te verbind. In die onderstaande artikel gaan ons kyk na vyf van die berugste reeksmoordenaars wat gevang is danksy kriminele profilering.”  (7)

https://www.online-psychology-degrees.org/list-articles/five-serial-killers-caught-using-criminal-profiling/

Onopgeloste sake

Van die mees gruwelike onopgeloste moorde, is waarskynlik die moorde gepleeg deur “Jack the Ripper” (VK), die “Black Dahlia”(VSA) moord en die moord op Tshego Pule (SA)

Samevatting

  • Elemente wat algemeen voorkom by die moorde bespreek, is gewelddadige gedrag as gevolg van emosie (Haat, woede, jaloesie, vyandigheid, verwyd, afsondering, verwerping);
  • Die slagoffers vrouens met uitsondering van die moontlike transvestie, bi- of homoseksuele Fopdossers; die belangrikheid van omstandigheidsfaktore kan moeilik oorbeklemtoon word;
  • Asook: die belangrikheid van persoonlikheid en psigodinamika;
  • Vroulike ontrouheid kan lei tot geweld en moord;
  • Sekswerkers word dikwels geteiken;
  • Sosioëkonomiese faktore speel ’n belangrike rol in menslike gedrag;
  • Die belangrikheid van toereikende kindersorg en ondersteuning is gewigtig;
  • Psigodinamiese Teorieë oor die “Jack the Ripper” en “Swart Dahlia” deel die volgende gemeenskaplikhede:
  • Duidelik is ʼn onderliggende gemeenskaplike faktor by die moorde, ʼn geweldige woede;
  • Hierdie woede is gefokus op die vroulike voedings- (maag, derms) voortplantings- (vrouedele) organe
  • Waarskynlik het albei aanpassingsprobleme ervaar vanweë hul persoonlikheids-predisposisie
  • Agtergrondsondersoeke van verdagtes is baie belangrik
  • Sintesering kan van waarde wees tydens veral onderhandelinge met oortreders/risiko individue soos massaskieters en reeksmoordenaars
  • Spekulasie deur kenners oor fundamentele faktore soos psigodinamika, motiveerders, omstandigheidsgetuienis en persoonlikheid moet nie summier verwerp word deur bevelvoerders nie. Die Opteken hiervan is van die grootste belang.
  • Koerantberigte oor die sake is van onskatbare waarde

Gemeenskaplikhede

  • Emosies soos geweldige woede, haat en persoonlikheidstipe is waarskynlik onderliggende gemeenskaplike faktore by dié en ander soortgelyke moorde;
  • Woede-handelinge by die “Swart Dahlia” en “Jack the Ripper” moorde is gefokus op die vroulike voedings- (maag, derms) voortplantings- organe (vrouedele);
  • Die funksies van die geskende dele (gesig en liggaamsbou) en verwyderde organe hou verband met basiese drange en die bevrediging hiervan (eet, drink en libido)
  • Voortgesette en onbevredigde behoeftes ten opsigte van moederlike versorging, getrouheid/lojaliteit van ʼn kind wat verwaarloos is in terme van bogenoemde (voedsel, sekuriteit stabiliteit en getrouheid) kan vanweë jarelange voortgesette blootstelling lei na vyandigheid teen die moederfiguur. Hierdie vyandigheid kan geïntensifiseer word as hierdie gedrag met dronkenskap by die moederfiguur  gepaard gaan en heel moontlik,  die aanskouing en sintuiglike belewenis van geslagsverkeer tussen die moederfiguur en vreemdelinge).
  • Flirtgedrag in onbekende omgewings kan gevaarlik wees.

Bronne

https://www.ojp.gov/ncjrs/virtual-library/abstracts/criminal-profiling-viable-investigative-tool-against-violent-crime

https://www.servamus.co.za/index.php/component/content/article/208-servamus-sept-2021/673-cold-cases-cold-justice

https://www.yahoo.com/entertainment/black-dahlia-autopsy-elizabeth-short-114120646.html

https://www.historic-uk.com/HistoryUK/HistoryofEngland/Jack-the-Ripper/

https://www.casebook.org/dissertations/rn-old-wounds.html

https://www.aljazeera.com/features/2021/6/5/our-bodies-are-crime-scenes-south-africas-murdered-women

https://www.online-psychology-degrees.org/list-articles/five-serial-killers-caught-using-criminal-profiling/