Die Swart Serp – ‘n Tikkie Humor

HBH

Hier gedurende 1971 is ek verbonde aan die veiligheidstak, Durban. In daardie dae het ons Saterdae gewerk – ek dink een Saterdag per maand. Ons het nie juis gewerk, nie net die kantoor oopgesluit, aandag aan ernstige goedjies gegee en dan tee gedrink voor ons huistoe gegaan het. Ek en Andy Taylor het “buite” gewerk en kapt Ig Coetzee het gelas dat ons ‘n koek moet koop om teetyd te nuttig. Ek en Andy het toe ‘n koek by ‘n bakkery gekoop. Terwyl ons tee drink sê die kaptein dat dit baie lekker koek is! Hy vra waar het ons dit gekoop? Toe kry ek amper pakslae: Kaptein ons het by die stadsaal verby gery en die Swart Serp het ‘n koekverkoping gehad en ons het by hulle koek gekoop. Toe is die gort gaar! Dit het mooi praat gekos om die onder sy hande deur te loop nie! Hy was ‘n groot netjiese man met regte “rugby-ore” en hy was baie konserwatief! Toe ek nou die koerantsnitte sien toe dink ek aan die koek wat ons by hulle sou gekoop het!!!