Brig HB Heymans

Ons kollega mnr Henning van Aswegen skryf soos volg in hierdie uitgawe van die Nongqai:

“Tog woon drie lede van die SAP in 1952 ’n hoogs geheime spesiale veiligheidskursus wat deur die Britse Special Branch aangebied word, in Londen by. Die SAP-offisiere Cromhout (bekende vingerafdrukdeskundige), H.J. du Plessis en Van Heerden ontvang saam met Kanadese, Indiërs en Australiërs onderrig van die Special Branch, asook offisiere Winterbourne en Shaw wat die doel van die kursus stel as maniere en tegnieke om ondergrondse bewegings in die Britse Gemenebes teen te werk.

Cromhout was verbonde aan die SA Kriminele Buro en vertel: “Die kursus was vir veiligheidsdoeleindes en veral gemik teen ondergrondse bewegings, om spioene en geheime agente wat in die land te gunste van ’n vyand of waarskynlike vyand van die land werk, op te spoor, veral deur die kanale en middele wat hulle gebruik om inligting die land uit te stuur.””

Kol Cromhout Kapt HJ du Plessis Kapt J van Heerden

Ons soek meer inligting, foto’s en persoonlike besonderhede van hierdie pioniers.