Medalje Bekamping Terrorisme

ABSTRACT:  Fanie Avenant questions the design of the SAP Medal for Combating Terrorism. The medal appears to be smaller than any other police medals. Mr Avenant was awarded the medal and wondered why it was so small. With careful measurement we determined that the circumference of the SAP Medal for Combating Terrorism is indeed the same as that of other SAP medals. Mr Avenant’s observation that the ribbon is longer can possibly be attributed to the fact that space was allowed for the number of bars – a foreshadowing of the problems that lay ahead? It is clear that the alloy was used economically.

KEYWORDS: medal, Combatting Terrorism, Pro Patria, SAP, South African Police, decorations

 

Medalje vir die Bekamping van Terrorisme

Een van ons gereelde bydraers en medaljespesialis, Fanie Avenant het hierdie interessante waarneming met ons gedeel:

“Ek het vanoggend weer die twee interessante stukke gelees oor die oorsprong en ontstaan van ons polisiekenteken. Dit het my nuuskierigheid op sy beurt geprikkel oor ons polisiemedaljes en spesifiek die Medalje vir die Bekamping van Terrorisme.

Gemelde medalje is aan my toegeken en ek het sedert daardie tyd gewonder waarom die medalje so klein was teenoor ander medaljes. Ek het ‘n mate van kennis op die gebied van medaljes in my privaat hoedanigheid opgedoen nadat ek na uitkoping uit die mag en in diens van ‘n bankafdeling van Absa dikwels by Krygkor, ‘n kliënt van my, se hoofkantoor in Pretoria ‘n draai gemaak het.

Ek het daar weer ‘n ou vriend uit die Kaap, admiraal Barend Visser, raakgeloop wie my bekendgestel het aan kolonel P F Joubert wie op daardie stadium hoof van die SA Weermag se medaljeseksie was.

Dit was in die vroeg 90’s en ek was bewus dat baie van die manspersoneel in sekere afdelings onder my bestuur nie al die medaljes waarop hulle geregtig was ontvang het vir aktiewe diens as burgermaglede nie. Baie van hulle eenhede/regimente het op daardie stadium reeds ontbind.  Hy het ‘n vorm opgestel waarvolgens die manne hulle Magnommer, Rang, Eenheid, Naam van Bevelvoerder, RSM of ander offisiere in die eenheid, tydperk van diens en operasies waaraan deelgeneem voltooi het. Met min moeite is die egtheid van die inligting bepaal en is die medaljes uitgereik. Terselfdertyd het hy my ook verwys na Kaptein Morgan wie in beheer van die Polisie Medaljeseksie was waar ons dieselfde prosedure met ‘n mate van sukses toegepas het.

Aankondiging van medalje

Dit bring my terug na die grootte van die SAP Medalje vir die Bekamping van Terrorisme. Die medalje is ooglopend kleiner as enige ander militêre- of polisiemedalje. By montering is al drie se onderkant gelyk, maar selfs die hingsel van die Terrorisme medalje is laer as die ander.

Ek kon nie die rede daarvoor bepaal nie en kon dit net toeskryf aan:-

  1. Die koste verbonde aan die vervaardiging van so ‘n Sterling silwer medalje.
  2. Dat drie balkies toegeken kon word en plek daarvoor op die lint gelaat moes word.

Ek sal interessantheidshalwe verdere inligting uit enige oord in hierdie verband waardeer.

Ek beskou met my opmerkings hoegenaamd nie dat die Terrorisme medalje minderwaardig of ‘n afskeep produk is nie. Die punte van die onderstebo ster raak wel links en regs bo en onder aan die omtrek van ‘n standaard medalje en voldoen dus waarskynlik aan die algemene vereistes van byvoorbeeld die weermag se Pro Patria. 

The Pro Patria Medal is an octagonal medallion, struck in bronze and gilded, to fit in a circle 38 mm (1.5 in) in diameter and 3 mm (0.12 in) thick at the centre, with a golden aloe emblem in the centre on a blue roundel, 22 mm (0.87 in) in diameter.

‘n Ander vergelykbare voorbeeld is dalk die Military Cross (MC) van die Britte waavan die kruis voldoen aan die voorgeskrewe grootte en waar die hingsel om daardie rede gelig is.

Ek sluit ook interessantheidshalwe die voorkeur rangorde van ordes, dekorasies en medaljes in. Terloops, die Spoorwegpolisie se Medalje vir die Bekamping van Terrorisme is ‘n ronde medalje, maar ook heelwat kleiner as die standaard.

Ek is trots dat ek hierdie toekenning ontvang het asook die ander wat ek na my ontslag deur uitkoping as reservis ontvang het.

My laaste kommentaar is hulle rangorde. Hulle senioriteit is eerstens ordes, dan dekorasies en dan medaljes waarvan die laaste groep se volgorde eerstens oorlogs- of aktiewe diens medaljes is, gevolg deur herdenkingsmedaljes en dan diensmedaljes soos byvoorbeeld lang- of trouediensmedaljes. Daarna kan toekennings volg wat deur ander lande se regerings toegeken is.

Aanvanklik was daar blykbaar verwarring wat dit betref in die SAP en is die Terrorisme medalje laaste gedra, maar nou geniet dit voorrang as ‘n oorlogsmedalje. Dit is tot die ongerief van SAW manne voor die Pro Patria gegazette en geniet dus voorrang voor daardie medalje wat vir min of meer dieselfde doel uitgereik is.

Ek was terloops op 16 Februarie 1998 skriftelik deur die SA Weermag se Generaal J C van der Poel, op daardie stadium “Chairperson: Interdepartmental Workgroup on Honours” genooi om op daardie groep te dien vir die “Compiling of a Revised Official Table of Precedence on Official Orders, Decorations and Medals.” Ek die uitnodiging van die hand gewys.”

Gevolgtrekking

Met noukeurige meting het ons vasgestel dat die omtrek van die SAP Medalje vir die Bekamping van Terrorisme wel dieselfde is as dié van ander SAP medaljes.

Comparing medal sizes

Mnr Avenant se waarneming dat die lint langer is, kan moontlik toegeskryf word dat spasie toegelaat is vir meerderheid balkies – ‘n toekomvisie van die stryd wat voorgelê het?

Dit is baie duidelik dat die daar ekonomies gewerk is met die allooi. Moontlik  kan dit toegeskryf word aan die afwaartse spiraal van die ekonomie in 1974 tesame met die visie van die leierskap dat groot getalle SAP lede aangewend gaan word vir die stryd teen terrorisme en dat dekorasies derhalwe tot groot uitgawes kan lei?

Hoeveelheid Balkies

Na die plasing oor die grootte van die medalje het verskeie lesers navrae gedoen oor die hoeveelheid balkies wat aan ‘n ontvanger toegeken kon word.

Om hierdie vraag te beantwoord is die bepalings van die Staatskoerant (4171/22 Februrie 1974) nageslaan. Volgens paragraaf 5 moet die ontvanger aan een van drie vereistes voldoen. Dus word die medalje toegeken wanneer aan een van die vereistes voldoen word. Wanneer die ontvanger opvolgend aan enige van die ander twee voldoen, word die balkies toegeken – wat dus ‘n totaal van twee balkies sal wees.

Lees egter die opvolgende paragraaf 6 en die laaste sin meld dat ‘n balkie kan vir elke onderskeiding toegeken word. Sien hier onder.

Die maksimum hoeveelheid balkies wat dus toegeken kan word is drie. 

Staatskoerant Bekamping van Terrorisme
Sonja Dresser
Sonja Dressel Bekamping van Terrorisme medalje

Sonja Dressel Bekamping van Terrorisme medalje

Alhoewel die Staatskoerant uitdruklik die Suid Afrikaanse Polisiemedalje vir die bekamping van terrorisme vir lede van die SA Polisie reserveer, is dit wel in 1981 aan ‘n siviele lid toegeken.

In hierdie geval was dit aan die 16 jarige Sonja Dressel van Grootfontein wat op 22 Februarie 1980 haar gesin teen ‘n terroriste aanval op hul plaas verdedig het. Hierdie tienderheldin is op 26 Junie 1981 met die gesogte medalje vereer.

Lees gerus die volle verhaal hier, soos aangehaal in PARATUS van Augustus 1981.

Daar was ook ‘n berig oor die voorval in Nongqai Volume 7 Nommer 3 bl 27 wat u hier kan lees.