ABSTRACT: Jim Hooper was an American war journalist who put the legendary unit on the map with his book “Koevoet”. He had two deployments, twice wounded and casevacated, and was awarded a border service medal by the Commissioner of the SA Police. He was an acquaintance at Vlakplaas and was often referred to as Eugene de Kock as the most impressive person he met in life. He came from an American military family and volunteered to serve in the US Army Special Forces. He trained the first group of Seal Team 6 HALO instructors at the request of Richard Marcinko, who was the founder of Seal Team 6. He was diagnosed with a cancerous growth in his bladder and decided to take chemotherapy and fight to the end.
KEYWORDS: Casevac, Eugene de Kock, HALO, Jim Hooper – American author, Koevoet, Medal Combatting of Terrorism, Richard Marcinko, Seal Team 6, Vlakplaas, World Parachute Tournament in Florida USA, wounded in battle.
Author: Barend Kruger
Huldeblyk Jim Hooper
Jim Hooper was aan meeste van ons bekend as die Amerikaanse oorlog-joernalis wat met sy boek “Koevoet”, die legendariese eenheid op kaart geplaas het. Twee ontplooiings, twee keer gewond en “ge-casevac”, asook die enigste buitelandse joernalis wat ooit toegelaat is om met die spog eenheid te ontplooi en toegeken is met ‘n grensdiens-medalje deur die Kommissaris van die SA Polisie. Jim was ‘n bekende by Vlakplaas en het gereeld verwys na Eugene de Kock as die mees indrukwekkende persoon wat hy in sy lewe ontmoet het. Jim was ‘n groot ondersteuner van die poging om Eugene uit die tronk te kry met sy skenkings.
Jim het gekom uit ‘n Amerikaanse militêre-familie. Sonder om verder terug te gaan, sy pa was ‘n vloot-vegvlieënier wat gedurende die tweede wêreldoorlog en Korea vegvliegtuie van ‘n vliegdekskip af gevlieg het. Sy jonger broer Bill het gevlieg in Vietnam; is afgeskiet en swaar verwond. Jim self het vrywillig aansoek gedoen om te dien in USA Army Special Forces. Die US Army het egter besluit hy beskik oor ‘n talent wat beter aangewend kan word vir hulle inligtingsdoeleindes, dus moes hy Russies aanleer en radio onderskepping doen gedurende die Viëtnam oorlog en was oa in Duitsland gestasioneer tydens die Koue oorlog.
Synde Jim gek was daarna om uit diensbare vliegtuie te spring met ‘n valskerm het hy ‘n valskerm opleiding skool in Florida begin. Hy het die eerste groep Seal Team 6 HALO instrukteurs opgelei op versoek van Richard Marcinko wat die stigter van Seal Team 6 was. Jim het ’n slag die wêreld valskerm toernooi aangebied by sy vliegskool. Die Chinese span se leier het beswaar gemaak teen RSA deelname waarop Jim hom dmv ‘n tolk aangesê het om sy span te onttrek as hy so voel, RSA bly! Om sout in die Chinees se gewonde gevoelens te vryf het hy glo ook gesê: “Don’t let the door hit you in the ass as you leave!”
Jim Hooper en ek het oor baie jare ‘n hegte vriendskap gebind. Sondae het ons op Skype ure lange gesprekke gevoer. Ongeveer 14 maande gelede is hy diagnoseer met ‘n kankeragtige vergroeisel in sy blaas. Dié is suksesvol verwyder, maar die kanker het versprei deur sy limfstelsel. Hy is ingelig dat indien hy chemo-terapie neem hy moontlik 24 maande oor het om te leef, indien hy dit nie neem nie moontlik 18 maande. Gegewe Jim se persoonlikheid as inherent ‘n stryder het hy besluit om die chemo-terapie te neem en tot die einde te veg. Die eerste rondte chemo het Jim tot in die grond verpletter, drie maande later was die tweede rondte nog erger. Weer drie maande voor hulle die volgende rondte toetse gedoen het en hom ingelig het dat daar niks meer vir hom gedoen kan word nie en dat hy moontlik 6-10 maande het voordat hy palliatiewe sorg sal moet kry.
Jim het vanaf sy eerste diagnose die paar mense wat hy mee geskakel het versoek om nie sy gesondheidsprobleme te openbaar nie. Ons gesprekke het verkort na slegs ‘n paar minute. Hy het my meegedeel dat hy sy huis verkoop het met die voorwaarde dat hy daar kan bly tot met sy afsterwe en dat hy sy eindreëlings tref sodat sy broer wat sy enigste erfgenaam is nie nodig het om van die VSA na Engeland te reis om enigiets af te handel nie. Sondag 31 Desember ’23 was die laaste keer wat ons gesels het, Jim was in ‘n besonder opgewekte bui. Claassie Claassens het Saterdag die 7 Januarie ’24 met hom op Skype gesels en genoem dat Jim in ‘n goeie bui was. Claassie was waarskynlik die laaste mens met wie hy op Skype gepraat het. Sondag die 8ste Januarie 2024 het hy nie my Skype oproep beantwoord nie en ook nie Woensdag of Donderdag nie. Ek het gister Vrydag die 11de Januarie 2024 ‘n boodskap ontvang van Bazil Norman Young dat Jim dood gevind is in sy bed deur ‘n buurvrou genaamd Gaynor. Al was sy afsterwe verwag bly dit hartseer.
Jim, you will be missed by many, but have been called to higher service. Salute!