Marga Ley

Abstract

Journalist Marga Ley reports the death of Roy Allen. There are no facts available that he was involved in the death of Olaf Palme or the Smit couple.

Key words: Roy Allen, Olof Palme, Robert Smit-murders

My vriend Roy Allen is die week dood aan kanker. Saam met hom is geen enkele feit oor die dood van Olaf Palme of die Smit-egpaar die graf in nie, want Roy het niks daarmee te doen gehad nie. Hy het homself beskikbaar gestel aan die prokureur-generaal om ondervra, toegesluit en voor die hof gedaag te word en dit is nooit gedoen nie omdat daar net geen bewyse was nie.

Hy het lekker gelag oor ‘n reis- en verblyfeis, glo van hom, in Swede in die tyd van Palme se dood. “Watter fool sal ‘n sluipmoord uitvoer en dan reis en verblyf eis,” het hy gesê. Hy het hom nooit as ‘n engeltjie probeer voordoen nie en gesê dit was sy redding dat hy uit die polisie na die weermag is want anders kon hy baie maklik op Vlakplaas “en so aan” beland het.

Later het die praatjies in sy rigting oor die moorde hom meer vermaak en het hy baie keer daarop ingespeel en “saamgespeel”. Hy kon dit doen omdat hy geweet het daar kan nie getuienis teen hom wees nie want hy het dit nie gedoen nie. Deel daarvan was sy e-posadres met die rautem-woord daarin. ‘n Mens kan vra watter fool wat skuldig is sal só iets stupid doen!

Hy het sy dinge gedoen en sy plekke gebrand maar “ek het nooit ‘n opdrag gekry om iemand uit te haal deur hom te vermoor nie”. Die prokureur-generaal, Torie Pretorius het op ‘n keer ‘n berig vir koerante gegee dat hy Roy soek… toe sit Roy op my stoep en teedrink en speel met my katte – hy was baie lief vir katte en honde. Duidelik het niemand na hom gesoek nie. RIV Roy.