Brigadier Gert Booysen
ABSTRACT: The life of Brig Gert Booysen (96) – called “Flet-Gert” – he always went ‘flat out’ in an investigation. He was an imposing character. Judged by his friends they feel he would have made an excellent major general. He is the author of a book in Afrikaans with the title: “’n Paar draaie deur die Ou Suidwes”.
KEYWORDS: Loeriesfontein, Divisional Commissioner, Boland, Southwest Africa
Author: Brig Fanie Bouwer
DIE BRIGADIER WAT ‘N GENERAAL MOES GEWEES HET
Ek skryf nou aan hierdie stuk, eerstens omdat hy een van die mees bekwame, indrukwekkendste en mees gerespekteerde offisiere, generaals ingesluit, was wat ek in my ganse polisieloopbaan teëgekom het.
Die persoon waarna ek hier verwys, is natuurlik niemand anders nie as die formidabele brigadier Gert Booysen (gebore te Loeriesfontein). Sy bynaam was ‘Flet-Gert’ as ons agter sy rug van hom gepraat het. Ek glo egter dat hy geweet het van dié bynaam, wat al daar van sy Suidwes-dae, afkom. Baie staaltjies word van offisiere en lede uit Suidwes word van hom vertel.
Ek het iewers gelees waar sy seun, Gerhard, vertel het dat sy pa ‘n verdagte se spore met polisie-boots aan, in die Kalahari of iewers ‘flet-out’ vir ure gevolg totdat hy hom ingehaal het en sy boots ook flenters geloop was in die agtervolging. Of so iets.
Baie jare later ná brigadier Booysen se aftrede, en ekself ook al reeds ‘n brigadier was, het ek hom steeds aan huis besoek. Dit kon net nie anders nie – maar ek moes hom steeds as ‘brigadier’ aanspreek. Hy, as gevolg van respek wat hy oor die jare afgedwing het, tesame met sy gewildheid, was deur offisiere en andere van oral oor steeds aan huis besoek. En ook in die aftreeoord waar hy nou bly.
Hy het in die Paarl afgetree nadat hy die ou Afdeling Boland se Afdelingskommissaris was. Ek het hom op Robertson ontmoet in die laat sewentigs toe hy vanaf Suid-Wes Afrika verplaas is as Afdelingsinspekteur van die Boland.
Hy was tot ‘n mate ‘n gevreesde offisier. Met sy kwaai gesig, kon hy met kere jou tog so ‘n gerusstellende glimlag gee, maar as jong offisier destyds wou ek eerder uit sy pad kom, hoe gouer hoe beter.
Ekself, en baie ander, was skytbang vir hom. Jy moes nie aan sy verkeerde kant beland het nie – maar snaaks genoeg, seker ook een die gewildste offisiere van ons era gewees. Dit was ‘n eienaardige anomalie.
Hierdie langerige, lenige, offisier was ook een van daardie individue wat daardie seldsame ‘presence’ gehad het – jy kon onmiddellik aanvoel as hy in ‘n vertrek instap, wat partykeer ‘n gedwonge stilte veroorsaak het.
Tot op sy laaste dae in die polisie het ek en brigadier Booysen ‘n baie goeie verhouding gehad. Sonder om die detail te gee, onthou ek die kere wat hy my uit die bloute aangemoedig het om my standaarde te handhaaf.
Hierdie uiters bekwame offisier en natuurlike leier, met sy buitengewoon sterk persoonlikheid, se aftreetyd het hom ongelukkig te gou ingehaal. Dit was baie jammer, want hy sou as generaal baie vir die polisie beteken het. Hy het álles gehad wat ek/ons in ‘n generaal wou sien.
Tydens my kuiers by hom ná sy aftrede het hy aan my, kom ek sê maar ‘n paar geheimpies meegedeel. Ek wil net so enkeles graag tog met hier met u deel.
Hy vertel my dat hy dat hy ‘n lid/offisier wat droog gemaak het, meesal ‘n tweede kans probeer gee het.
* In hierdie geval tydens dae as afdelingsinspekteur, kry hy opdrag om om ‘n majoor wat iets aangevang het te looi – ondersoek, pek, die hele kaboedel. (Ekself het beide die opdraggewer én die majoor geken). Hy vertel toe dat hy dié hoogsintelligente offisier van jongdae geken het. Hy besluit toe hy pas eerder sy eie beleid toe, nl. konfronteer hom; ransel hom bietjie af en gee hom dan ‘n tweede kans. So gemaak, so gedaan. Daardie offisier het later afgetree as ‘n generaal- majoor.
* Sy oorlede vrou, was ‘n dierbare, sagte mens – ‘n ware dame. Hy vertel dat hy altyd probeer het om nooit voor haar te vloek nie, maar dat die woord ‘fokken’ eendag uitgeglip het. Sy sê toe vir hom: “Gert, jy doen dit nooit weer nie!”.
(My vrou herinner my altyd hoe hulle twee tydens polisiefunksies elke keer by die kombuis ingeloer het om die dames te bedank vir hulle moeite)
* Hy vertel my ook eendag dat ‘n generaal wat toentertyd, om dit sag te stel, baie ongewild by meeste van ons was, aftree. Hierdie generaal besef toe skielik dat hy nie vriende het nie en dat almal hom nou vermy. Hy nooi toe een Sondag vir brigadier Booysen vir ‘n braai. Daar aangekom sê die generaal dat hy onhandig is met braai en of brigadier Booysen nie die taak sal oorneem nie?
So tussen hakies ten opsigte van laasgenoemde: Die dag wanneer jy van jou troontjie afklim, is dit die dag wanneer jy nederig raak en besef jy’s geensins beter as ander nie. Anders gestel: wanneer die mure wat jy rondom jou gebou het, verbrokkel, haal die waarheid jou in.
Daar was ‘n anderkant van brigadier Booysen, die man met die kwaai gesig wat ‘n bars kon kyk. Wat min mense van hom geweet het, was sy ‘sagte kant’, of te wel die kunstenaar en skrywer.
Sy seun het ‘n paar jaar gelede daar uit Ierland die volgende vir sy Engelssprekende Facebookvriende geskryf oor sy pa. Ek wil dit woord-vir-woord aanhaal:
“Hier is nog meer van my dad’s work at he’s free time to keep dad busy, as he said to me at the time.
Life is a challenge, at the end of the day it’s all about survival, and make sure you have always a plan, never run out of how to make a plan. If that happened Boetie, you (are) in trouble, and always have respect for others, no matter what, colour, religion, poor and rich. Changes in life is coming, maybe sooner than we thought.
At the time I was a youngster, and I was thinking: Hoyo is my dad (oldman) ok talking like this?
Well, I leek this here for the moment.
I also just want to share some of he’s (my dad’s) handwork.
I have to say, he always see the opportunity to create something out of nothing How’s that?
Now that I’m older I understand what he (my dad) meant by saying all this to me.
Lesson no. 2:
When you start something, do some research.
- Get your preparation done, see what you need for the job you tackle.
- Make sure all is in place, in reaching distance as there is nothing worse to start looking for the right tool while you busy.
- Concentration.
- Final finishing … are you happy in what you’ve done?
- Surely but the most important:
The cleanup behind you, put everything back / in place where it belongs, because you never know, you going to use / need it shortly.
This is just a few guidelines he taught me.
Now friends, I have to translate all what I have typed in a different language, as it’s not my first language, but I have done this to accommodate my English-speaking friends, and let me say:
Dit neuk maar lekker!
As the way I see this, my friends over here, or another part of the worldwide it is also important to me”.
Ek het gehou van wat ek hier gelees het. Dit sê baie van die mens Gert Booysen, wie ook ‘n soort van perfeksionis was.
Van die brigadier se houtsneewerk, ivoorkuns en skilderye, kan ek net my hande saamslaan en laat ek daarom ‘n paar foto’s daarvan hieronder eerder die praatwerk doen.
Ek onthou toe hy sy boek met die titel ‘N PAAR DRAAIE DEUR DIE OU SUIDWES begin skryf het in sy eie mooi handskrif. Dan het hy kort-kort dele na die tikster gestuur, wat dan ‘n getikte weergawe vir hom terug gestuur het. Hier en daar het sy ‘n wye spasie gelos, sodat hy nog iets kon byvoeg of oor iets uitbrei, as sy só gedink het. So het dit heen en weer gegaan totdat dit uiteindelik reg was vir proeflees deur die uitgewer.
Vandag, die 9de (Desember), is brigadier Fletgert Booysen se 96ste verjaarsdag. Ek het hom reeds elders geluk gewens. My beste wense vergesel hom vir die volgende 4 jaar oppad na sy 100ste.