Abstrak: Nongqai Skrywers & Boeke, Crhis Botha, Verskroeide Aarde

die ou polisieman skud sy kop
en hou die populis-politikus dop
die boere was soldate, nie waar?
die boer-soldaat ons vyand-paar?
ons mag die lied sing om hul te moor
dit is immers ons struggle-koor

dit laat die ou polisieman tob
politikus is aan’t mense fop
die ding gaan erge konflik baar
hoe gaan die polisie daarmee vaar?
êrens in die pad af, iewers voor
gaan die rasse inmekaar in boor

terwyl die gewone mense van ons land
aanmekaar geknoop is met ewige band

(Chris Botha, Hartenbos, 28 Maart 2025)

  • Ons digter Generaal-Majoor Crhis Botha is ‘n voormalige Assistent Kommissaris van Polisie, maar woeker steeds as die redakteur van The Compassionate Confronter van die Hugenote Kollege. Wanneer hy nie dig nie, hou Chris hom vanuit Hartenbos besig met skryfwerk, navorsing, as assessor en leerkundige en ook met opleiding en persoonlike ontwikkelingskursusse. *