AO NM “BOKKIE” BREEDT: LEGENDE SAP-KOLLEGE
Deur: Brig HB Heymans
ABSTRACT: Author’s recollections of the legendary SA Police College Sargeant-Major, Warrant Officer BOKKIE BREEDT
KEYWORDS: Warrant Officer Bokkie Breedt; SA Police College; SAP Hall of Fame
AO (eers hoofkonstabel) NM Bokkie Breedt was een van die SA Polisiekollege se legendes! Daar is in die geledere van die ou manne baie staaltjies oor die befaamde persoonlikheid.
Toe ek in die kollege was is Oom Bokkie se plek deur sers Alwyn “Kraai” Lesch ingeneem.
Tydens offisierskursus was hy ‘n tydelike-kaptein en hy het hy die “makoue” (kandidaat-offisiere) toegespreek en ‘n lesing oor saluut en eerbetoon gegee.
“Jy stap en ‘n manskap kom verby en salueer jou. Wat maak jy?”
“Jy salueer terug!”
“Jy ry op ‘n fiets en ‘n man salueer jou – wat maak jy?”
“Jy salueer terug!”
“Jy hang aan ‘n donnerse ‘kite’ en ‘n man kom verby en salueer. Wat maak jy?”
“Jy sal salueer, kaptein.”
So het hy die punt gemaak dat ‘n offisier onder elle omstandighede ‘n saluut beantwoord. (Ander range behalwe offisiere strek bv agter ‘n stuurwiel of op ‘n fiets – slegs offisiere salueer onder alle omstandighede.)
Hy was nooit ‘n onderwyser of dosent nie MAAR sy onderrig metode was suksesvol! Ek het reeds in die SA Polisie-kollege agtergekom dat daar baie humor in ons opleiding was. Die sersant het jou uitgetrap met ‘n vonkel in die oog!