MOSSAD: SABOTERING VAN HAMMAS SE ROEPRADIO’S (“PAGERS”)
Lt-kol Philip Malherbe [afgetr]
Hierdie artikel is vrylik vertaal van verwysde bronne, saamgestel en geskryf deur Philip Malherbe. | |
Abstact |
Abstrak |
The purpose of this article is to briefly identify the background on how Mossad fooled Hezbollah with pager bombs. 11 minutes Reading Time |
Die doel van hierdie artikel is om kortliks die agtergrond te beskryf, hoe Mossad vir Hezbollah “ore” aangesit het met die roepradio bomme. |

Brandbom (petrolbom) / ontplofbare bom:
Veeldoelige geprakseerde ontwerp, met die oogmerk om beserings aan mense te veroorsaak, of om besittings, eiendom (vaste of roerende) dmv ‘n kombinasie van ontplofbare of brandbare materiaal.
Dit kan bestaan uit:
1- met die hand, chemies, meganies of dmv elektrisiteit;
2- springdoppie;
3- ontplofbare stof;
4- brandbom.
Die geprakseerde bom word saamgestel om aan te stuur, dit te plaas waar dit kan funksioneer wanneer op die verlangde tyd en effek. Funksionering kan plaasvind deur een of meer aksies:
- Wanneer die geprakseerde voorwerp hanteer of versteur word. Dit staan bekend as teen-hantering aksies.
- Vooraf bepaalde tyd. Staan bekend as vertraging of tyd aksies.
- Deur die uitvoerder se bevel. Staan bekend as bevel aksies.
- Deur ‘n verandering in omringende omstandighede.
- Die geprakseerde voorwerp kan meer as een skakelaar bevat of ‘n kringloop.
- Die skakelaar is nie noodwendig in die geprakseerde bom nie. Dit mag verspreid gekonnekteer word, (bv elektriese kabel, knallont, ens.)
Hoe Israel se lywige roep-radio (“pager”) Hezbollah mislei het:
Hammas het aan die begin van die 2024 na roep-radio’s oorgeskakel nadat hulle besef het dat selfoonkommunikasie deur Israel se agente onderskep word, het Reuters vroeër berig.
Op 17 September, nadat Israel en die terreurorganisasie Hezbollah byna ‘n jaar lank in ‘n eskalerende oorlog was, het die Israeliese spioenasie-agentskap Mossad een van die mees gewaagde en gesofistikeerde misleidings in die geskiedenis van teenintelligensie van stapel gestuur: die roepradio-(“pager”)-komplot, ‘n moderne weergawe van die Trojaanse perd. Mossad het ‘n bom in ‘n sak geskep – en Hezbollah-vegters mislei om onwetend hierdie toestelle aan hul liggame te dra.
Die gevolge van die komplot was dramaties, insluitend hulp met die val van die Assad-regime in Sirië, die verswakking van Iran en die vernietiging van die teiken van die komplot: Hezbollah.
Twee onlangs afgetrede senior Mossad-agente met leidende rolle het met CBS News gesels, met die voorwaarde dat hul gesigte bedek is en hul nie geïdentifiseer word nie.
Hier is hulle weergawe: die hele operasie het 10 jaar gelede begin. Nie met roepradio’s nie, maar met handradio’s “walkie-talkies” wat bewapen word. In Mossad se ou kantoor, hul leuse op ‘n muur, uit Spreuke 24:6, sê in soveel woorde: voer oorlog deur misleiding en bedrog – soort van soos die CIA se “rook en spieëls” – en dit is waaroor hierdie operasie gegaan het, begin met daardie handradio’s. Maar handradio’s word net in die geveg areas gedra, so Mossad het ‘n nuwe toestel begin ontwikkel wat Hezbollah-vegters heeltyd in hul sakke sou hê: ‘n roepradio.
Israel het hierdie toestel aan Hezbollah verkoop. Hezbollah het betaal vir die wapen wat teen hulle gebruik sou word. Hulle het ‘n goeie prys gekry wat nie te laag kan wees nie, anders sou hulle agterdogtig raak. Op die ou end het Hezbollah meer as 16,000 van hierdie ontploffende roepradio’s gekoop wat Israel toe vir 10 jaar, tot laasjaar nie geaktiveer het nie. Uiteraard het hulle nie geweet dat hulle dit van Israel koop nie, aangesien MOSSAD ‘n ongelooflike verskeidenheid moontlikhede het om buitelandse maatskappye te skep wat nie na Israel teruggevoer kan word nie sogenaamde “Dopmaatskappye” om die voorsieningsketting te beïnvloed. Daarom word ‘n “voorgee-wêreld” geskep met ‘n wêreldwye produksiemaatskappy. Ons skryf die draaiboek, ons is die regisseurs, ons is die vervaardigers, ons is die hoofakteurs, en die wêreld is ons verhoog.
Die handradio “walkie-talkies” is amper verouderd regoor die wêreld, maar Hezbollah gebruik dit steeds. In 2022 het Mossad die tweede fase van die operasie begin ontwikkel: die fop-toestelle vir roepradio’s. Hulle het uitgevind dat Hezbollah die roepradio’s by ‘n maatskappy in Taiwan, genaamd Gold Apollo, koop. Die roepradio wat Hezbollah gebruik het, is baie glad, en baie blink, en dit kan beslis in ‘n sak pas. Om dit in ‘n bom te maak, het ons dit ‘n bietjie vergroot om plofstof binne te sit. Maar nie te veel nie. Met behulp van namaaksels het Mossad toetse in ‘n opgestopte handskoen gedoen om die gram plofstof te kalibreer wat net genoeg moes wees om die vegter seer te maak – maar nie die persoon langs hom nie.
As ons die bom aktiveer, moes net die terroris beseer word, selfs al is sy vrou of sy dogter net langs hom, is hy die enigste een wat benadeel gaan word. Ons het dit dubbel, drievoudig, verskeie kere getoets, om seker te maak daar is minimum skade.
Dit is van nature ‘n baie dom toestel. Dit is die rede waarom hulle dit gebruik. Daar is geen manier om boodskappe te stuur nie. Dit kan net boodskappe ontvang en ‘n paar gram plofstof.
Mossad het ook hierdie luitone getoets om ‘n geluid te vind wat dringend genoeg is om iemand te dwing om dit uit hul sak te haal. Hulle het getoets hoe lank dit ‘n persoon neem om ‘n oproep te beantwoord: gemiddeld sewe sekondes. Maar hoe om Hezbollah te oortuig om oor te skakel na hierdie lywiger oproeper?
Ons bevelvoerder het en dit op die tafel gesit, hy was woedend, hy het vir ons gesê: “Daar is geen kans dat iemand so ‘n groot toestel sal koop nie. Dit is nie gemaklik in hul sak nie. Dit is te swaar baie swaar, gaan terug en bring vir my iets anders.” Dit het ons twee weke geneem om hom te oortuig dat hoewel dit lelik is, dit karakter het.
Die swak skakel
Karakterbetekenis bygevoegde kenmerke, wat hulle in vals advertensies op “YouTube” voorgehou. Mossad het advertensiefilms en brosjures, vervaardig en dit op die internet geplaas. Dit het die beste produk in roepradio’s ter wêreld geword. Mossad wou die naam “Gold Apollo” behou en op sy roepradio “pager’ gebruik. Dit het dus dopmaatskappye op die been gebring, om die Taiwannese te mislei om met hulle saam te werk. Hulle het geen idee gehad dat hulle saam met die Mossad werk nie, en ook nie Hezbollah nie.
Wanneer hulle by ons gekoop het, het hulle geen idee dat hulle by die Mossad koop nie. Mossad het soos die “Truman Show”, opgetree, alles word agter die skerm deur ons beheer. Volgens hul ervaring is alles normaal. Alles was oortuigend, insluitend die sakeman, bemarking, ingenieurs, vertoonlokaal, alles.
Om die komplot te bevorder, het Mossad die Gold Apollo-verkoopsvrou gehuur waarmee Hezbollah voorheen gewoond was om saam te werk. Sy het hulle die eerste bondel roepradio’s as ‘n opgradering “gratis” aangebied. Teen September 2024 het Hezbollah 5,000 roepradio’s in hul sakke gehad.
Waaruit het die radio roep bom bestaan?
Die agente wat die roepradio’s gebou het, het ‘n battery wat ‘n klein maar kragtige lading plastiese plofstof en ‘n nuwe ontsteker verberg het wat onsigbaar was vir X-straal masjiene. Die onsigbare ontsteker en wafel dun plastiekplofstof het batterye in bomme verander. Sonder enige metaalkomponente het die materiaal wat gebruik is om ontploffing te veroorsaak, ‘n voorsprong gehad: soos die plastiese plofstof, is dit nie deur X-straal opgespoor nie.
Die batterye in die gewapende roepradio’s wat aan die begin van die jaar in Libanon aangekom het, was deel van ‘n Israeliese komplot om Hezbollah te vernietig, dit het kragtige misleidende kenmerke en ‘n achilleshiel (kwesbare \ swakpunt) gehad.
Om die swakheid te oorkom – die afwesigheid van ‘n aanneemlike agtergrond vir die lywige nuwe produk – het hulle vals aanlynwinkels, bladsye en plasings geskep wat Hezbollah se omsigtigheidsondersoek kon mislei.
‘n Dun, vierkantige vel met ses gram wit “pentaerythritol tetranitrat” (PETN) plastiese-plofstof is tussen twee reghoekige batteryselle gedruk. Die oorblywende spasie tussen die batteryselle is bedek deur ‘n strook hoogs vlambare materiaal wat as die ontsteker opgetree het. Hierdie drielaagse ‘toebroodjie’ is in ‘n swart plastiek huls geplaas en vasgevang in ‘n metaalomhulsel ongeveer so groot soos ‘n vuurhoutjiedosie.
Toeligting
PETN
Dit word kommersieel en veral deur terroriste aangewend, dit is baie kragtig, stabiel en relatief veilig om te gebruik. Dit kan ook in poeier formaat gebruik word.
Die samestelling was ongewoon omdat dit nie op ‘n standaard metaal miniatuur ontsteker staatgemaak het nie. Sonder enige metaal komponente het die materiaal wat gebruik is om ontploffing te veroorsaak, ‘n voorsprong gehad: soos die plastiese plofstof. Met die ontvangs van die roep-radio’s het Hezbollah na die teenwoordigheid van plofstof gesoek, via die lughawe se sekuriteit skandeermasjiene – maar niks verdag is aangemeld nie.
Die toestelle is opgestel om ‘n vonk in die batterypak te genereer, genoeg om die ontplofbare materiaal aan te steek en die vel PETN te laat ontplof.
Aangesien die plofstof en verpakking ongeveer ‘n derde van die volume in beslag geneem het, het die batterypak ‘n fraksie van die krag gedra wat ooreenstem met sy gewig van 35 gram. ‘n Aansienlike hoeveelheid onverklaarbare massa, is nie opgemerk nie.
Van buite het die roepradio se kragbron gelyk soos ‘n standaard litium batterypak wat in duisende verbruikerselektronika-goedere gebruik word. Tog het die battery, gemerk LI-BT783, ‘n probleem gehad: soos die roep-radio, het dit nie op die mark bestaan nie. Israel se agente het dus ‘n agtergrond van nuuts af geskep.
Die skep van agtergrondverhale, of “legendes”, vir geheime agente is lank reeds ‘n kernvaardigheid van spioenasie-agentskappe. Wat die roepradio plot ongewoon gemaak het, is dat daardie vaardighede blykbaar toegepas is op alomteenwoordige verbruikers van elektronika produkte.
Die vraag vir Israel: wanneer om die ‘slaapbomme’ te aktiveer? Daar was wenke dat Hezbollah agter gekom het dat die batterye vinniger ‘leegloop’ (pap word) en dalk agterdogtig begin raak oor die toestelle. Die kwessie het egter nie groot veiligheidskwessies laat ontstaan nie – en die roepradio’s is aan sy lede oorhandig.
Die Mossad-hoof Dadi Barnea het dus die opdrag gegee dat die roepradio’s geaktiveer moet word, en op 17 September, om 15:30, het roepradio’s (“pagers”) oral in Libanon begin piep.
Die ontvangers het op die roepradio (“pager”) ‘n boodskap gekry wat sê: “Jy het ‘n geënkripteerde boodskap: om toegang daartoe te kry, moet jy die twee knoppies druk”. Waarna die “bom” in hul hande sou ontplof. Selfs as iemand nie die twee knoppies druk nie, maar net een knoppie, sou dit in elk geval ontplof.
Op 17 September 2024, het duisende roep-radio’s gelyktydig in die suidelike voorstede van Beiroet en ander Hezbollah-vestings ontplof, in die meeste gevalle nadat die toestelle gepiep het, wat ‘n inkomende boodskap aangedui het.
Die aanval het skok regoor die wêreld veroorsaak. Geskok, aangesien dit meer soos ‘n spioenasiefliek as die werklikheid gelyk het.
Gevolge:
Wat gevolg het, was chaos! Mense met roepradio’s wat op straat, op motorfietse in en op voertuie was se roepradio’s het gedetoneer (ontplof). Gewondes is afgevoer na hospitale, – ledemate, vingers afgeskeur, bebloed, verblind, gate in mae. Die ontploffings het meestal gewerk soos beplan, sê hulle. Kyk na die persoon aan die man se linkerkant – diegene reg langs hom was ongedeerd.
Die doel, was nie om Hezbollah-terroriste dood te maak nie. As hy net dood is, is hy dood. Maar as hy gewond is, moet jy hom hospitaal toe neem, vir hom sorg. Jy moet geld en moeite belê. Die mense sonder hande en oë is lewende bewyse, wat in Libanon loop, met ‘n boodskap – “moenie met ons mors nie.” Hulle is ‘n wandelende bewys van ons meerderwaardigheid regoor die Midde-Ooste.
Twee dae ná die oproepaanval het Hezbollah-leier Hassan Nasrallah, bekend vir sy vurige redevoering, ‘n gedempte toespraak gehou. As jy na sy oë gekyk het, het dit die boodskap uitgestraal – kyk, ek is verslaan. Hy verloor reeds die oorlog. Sy soldate kyk na hom tydens daardie toespraak, en hulle het ‘n gebroke leier gesien. Dit was die kantelpunt van die oorlog. Hy was ten tye van die ontploffing in ‘n bunker, langs hom in die bunker, was verskeie mense met roepradio’s wat die boodskap ontvang het. Met sy eie oë het hy gesien hoe hulle ineenstort.
Dit het Hezbollah in ‘n baie, baie moeilike situasie geplaas, met geen bevelsketting, geen gees in hul soldate, wat vra, smeek om ‘n skietstilstand.
Toeligting:
Die volgende vrae is aan die afgetrede Mossad gestel – “julle gevoel van meerderwaardigheid is herstel, wat van julle morele reputasie? Dink jy nie Israel moet bekommerd wees oor sy reputasie nie?”
Die antwoord: “Beslis, maar daar is ‘n prioritisering. Eerstens moet jy jou mense verdedig om nie by die duisende doodgemaak te word nie. Eers dan volg die reputasie”.
Verder is die persone gevra of hulle dit ‘n sielkundige oorlog beskou? Die antwoord: “Die dag nadat die “pagers” ontplof het, was mense bang om die lugversorgers in Libanon aan te skakel omdat hulle bang was dat hulle sou ontplof. So daar was ‘n werklike vrees. Ons wil hê hulle moet kwesbaar voel, wat hulle is. Ons kan nie weer die “pagers” gebruik nie, want ons het dit reeds gedoen. Ons het reeds aan beweeg na die volgende ding. Hulle sal moet aanhou probeer raai wat die volgende ding is.
Bronne: