1963: SAP GOLDEN JUBILEE

Nongqai Nan Henning book post header image

1963: SAP GOLDEN JUBILEE

Abstract: Nan Henning (wife of Maj-Gen PHS Henning) wrote a book (fiction) celebrating the SAP’s golden Jubilee.

Keywords: Nan Henning; Maj-Gen PHS Henning; SAP Golden Jubilee; Brig Marius de Witt Dippenaar; SAP 75: SA Polisie Gedenkalbum / SA Police Commemorative Album; Hulle vir Jou Suid-Afrika (Fiction).

1963: SAP VIER GOUE JUBILEUM

Brig Hennie Heymans

Sondae na Kerk koop ek gewoonlik tweedehandse boeke by Ric. Ric verkoop sy boeke op die stoep te “Queens Corner” in Queenswood, Pretoria.

Ek het al pragtige juweeltjies oor die SA Polisie daar raakgeloop.

Sondag 9 Maart 2025 toe ek aanstap na Ric, glimlag hy breed en presenteer my met Nan Henning se boek. “Dis ‘n geskenk vir jou!” se hy.

Ek ken die SA Polisie se geskiedenis redelik goed. As die seun van ‘n polisieman het ek altyd na my Vader en ander polisiemanne se staaltjies geluister en so algaande belanggestel in die ontstaansgeskiedenis van die polisie in Suider-Afrika.

Ons almal het brig Marius de Witt Dippenaar se uitstekende boek: SA POLISIE GEDENKALBUM gelees.

Ook het ek by die SAP in sy 50ste bestaansjaar aangesluit. (Die SAP het op 1 April 1913 tot stand gekom.) Ek het die pragtige parade toe die SAP sy Goue Jubileum in Durban (King’s Park) gevier het, bygewoon.

Mens is nooit te oud om te leer nie. Hierdie roman is spesiaal vir die SAP se Goue Jubileum geskryf – ek haal aan: “Daarom is hierdie splinternuwe roman, as huldeblyk aan die Polisiemag van Suid-Afrika, ‘n sonderlinge gebeurtenis in ons geskiedenis”.

Dankie Ric – ek het iets nuut geleer!

'n Foto wat teks, boek bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Nan Henning se boek

'n Foto wat klere, person, leëruniform, teks bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Genl-maj PHS Henning was kwartiermeester

Skudblad van Stomomslag

Ons het gaan kyk wat Wikipedia oor Nan Henning te sê het:

NAN HENNING (1910–2003) was ’n Afrikaanse skrywer.

Wikipedia

Lewe en werk

Anna Breggie Branders was op 15 November 1910 op Dewetsdorp in die Vrystaat gebore. Sy matrikuleer op Dewetsdorp en ontvang dan verdere onderrig in klavier, orrel en sang aan die Universiteit van Stellenbosch. Hierna kry sy ook opleiding as verpleegster en werk onder meer in Bethlehem en op Dundee in hospitale. Sy trou op 3 Junie 1933 op Dundee met Pieter Hermanus Steyn Henning, later generaal-majoor in die Suid-Afrikaanse Polisie, en hulle bly vir lank in Pietermaritzburg in Natal. Hier beklee sy ’n pos as musiekonderwyseres aan die Voortrekker Hoërskool, waar sy die stadskoor van Pietermaritzburg afrig en self sanguitvoerings gee saam met die simfonie-orkes. Sy is hier ook orreliste en koorleidster van die Voortrekkerkerk. Sy tree gereeld op oor die radiosenders van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie. In 1952 verhuis die egpaar na Pretoria. Na aftrede gaan bly hulle op Zastron in die Vrystaat. Hulle het twee kinders, ’n seun, Nicolas Johannes, en ’n dogter, Annemarie. Nan Henning is op 9 Augustus 2003 op 92-jarige leeftyd in die Stillehawe-tehuis vir bejaardes op Dewetsdorp oorlede.

Skryfwerk

Na die verhuising na Pretoria in 1952 spits sy haar toe op skryf en sy skryf uiteindelik 64 boeke, meesal liefdesverhale. Verskeie kortverhale en vervolgverhale van haar word in tydskrifte gepubliseer, onder meer in Sarie, en vier vervolgverhale van haar word oor die radio uitgesaai. Haar eerste roman is “Tel nooit die ure” (1954).

Waar die Alpe-krokus blom” (1957) skryf sy na aanleiding van haar ervarings op ’n reis deur Europa. “Versperde grense” (1958) speel in Noorweë af tydens die Tweede Wêreldoorlog. Bregitta Tequer is die mooi dogter van die burgemeester van die dorp Maugersund en sy is verlief op Thor Lindstrom. Thor is egter ’n Sweed (wat neutraal staan in die oorlog) en die vriend van die kommandant van die besettingsmagte.

In “Die goue oomblik” (1961) soek die jong Duitse geneesheer Kurt en die Afrikanerdogter Tina op karnavalaand ’n pastoor om hulle te trou in die teenwoordigheid van ’n paar getuies. Tina vind egter later uit dat dit ’n skynhuwelik was en dit is vir haar ’n groot vernedering omdat iemand haar so misbruik het. Kurt keer terug na Duitsland, maar na vyf jaar keer hy weer terug om dinge te probeer regmaak. Hy sukkel om haar op te spoor en haar vriende hou haar bewegings geheim.

In “Die liefde van Karlien” (1961) het die bywoner Hardus du Preez net een ideaal en dit is om Bergplaas, waar hy gebore is, te huur en daar te boer. Dries Malan hoor van sy strewe en maak dit vir hom moontlik om Bergplaas te koop en vir die eerste keer in dertien jaar kan Hardus nou ook aan liefde begin dink.

Hulle vir jou, Suid-Afrika” (1963) is ’n polisieroman. Hierdie liefdesverhaal beskryf talle gebeure wat werklik in die lewens van polisiemense plaasgevind het.

Die wag-ʼn-bietjie-bos” (1964) het ’n bekende gedig van Totius as tema en vertel van hoogmoed wat tot ’n val kom. Dittmar se ma probeer sy lewe reël en keur nie sy verhouding met die minder gegoede Zaan goed nie. Sy stuur hom weg na Amerika en reël ’n huwelik met die welgestelde Dianna, maar Dianna ly aan oorerflike abnormaliteit. Hulle keer dan terug na Suid-Afrika en Dittmar kom in opstand teen sy ma se tirannie.

Na die dood van die kinderlose oom Tienie in “Biesiesvlei se mense” (1967) wonder almal wie die spogplaas, Uithoek, sal erf. Aan die een kant was daar Herklaas Visagie, oom Tienie se neef, wat gehoop het dat sy seun, Andries, die erfgenaam sou wees, sodat die plaas in die familie bly. Aan die ander kant was daar Bertus Cronjé, boesemvriend van oom Tienie. Hy het nie verwag dat die plaas na hom sou gaan nie, maar het tog gehoop oom Tienie het voorsiening gemaak om hom op die een of ander manier deur die knellende droogte te dra. Die testament bepaal egter dat die plaas die eiendom word van Pierre de Villiers, susterskind van sy oorlede vrou, maar totaal onbekend in die buurt. Indien Pierre egter nie binne ’n jaar trou met Elsbet, dogter van Bertus Cronjé, nie, verloor hy die erfporsie.

Uit die goue skemering” (1968) is Fransa Maré se verhaal, wat reeds as jong dogtertjie na haar ma se dood die huishouding op haar skouers neem. Toe sy groter word, werk sy saam met haar pa op die plase van ryk Piet Reyneke, waar sy manswerk in die lande doen. Piet Reyneke het egter nie ’n goeie woord vir haar nie en trek haar jonger sussie Reinet voor. Terwyl haar broer verder gaan leer en haar pa oorlede is, lyk dit asof sy gedoem is tot ’n eensame bestaan van harde werk. Hugo Murray sien haar egter een dag wanneer hy by die Reynekes kuier en sy vuil en nat gesweet van die werk op haar perd aangery kom.

In “Die rosekrans” (1969) kom die chirurg dokter Konrad Teichert na die hospitaal op ’n plattelandse dorpie, waar hy en die rooikopverpleegster Liza Naudé van die begin af haaks is. Hy het hierheen verhuis om weg te kom van sy verlede, maar wanneer Sonra opdaag, moet hy sy verlede in die gesig staar.

In “Die arendsnes” (1971) woon die disfunksionele familie Metterkamp in die kliphuis op die rant. Jeanne Metterkamp was altyd ’n buitestaander en die skyf van haar broers en susters se venyn en dit word so erg dat sy drie jaar in die buiteland gaan werk. Haar ma, wat altyd genot geput het uit die kinders se struwelinge, is oorlede en Jeanne keer terug, maar die atmosfeer in die huis het nie veel verander nie. Jan Vermaak, wat haar altyd teen haar familie beskerm het, is steeds op die dorp, maar nou is daar ’n Sweedse meisie, Hilde Dunkel, ook op die toneel.

Gedig in blou” (1975) is die verhaal van dokter Tinus de Vos wat in Amerika op die punt gestaan het om met Nadine Langley te trou. Hy kry egter ’n aanstelling as superintendent van die hospitaal op sy tuisdorp, Kroonlaagte, waar suster Tania Vermaak werk. Sy was in Amerika vir ’n ruk aan dieselfde kliniek as hy verbonde.

Annalien” (1976) was van kleins af maats met Johan Strauss en Dirk Nienaber. Wanneer hulle ouer word, begin die twee mans om te kompeteer om haar hand.

In “Die verlore droom” (1977) is Mariet Nienaber ’n toegewyde verpleegsuster wat graag ander onder haar sorg neem, wat sy ook doen met verpleegster Susan Venter. Hierdie daad van barmhartigheid skud egter haar eie lewe tot in sy fondamente.

In “Die lag van die sonneblom” (1979) kom die chirurg Dirk de Jager na twee jaar se studie in die buiteland terug huis toe. Hy soek steeds na antwoorde hoekom sy pa altyd so hatig teenoor hom was, hoekom hy en sy broer Jopie so totaal verskil van mekaar en hoekom sy fyn opgevoede ma hoegenaamd met ’n man soos sy pa getrou het. Dirk kry sy antwoorde en hy kyk met ander oë na suster Mariet Meyer, met wie hy voor sy vertrek haaks was.

Die chirurg Dries Vermaak kom in “As die liefde kom” (1981) na jare se studie in Engeland terug na sy tuisdorp, wat hy na die dood van sy ouers verlaat het. Hy wonder steeds oor die onverklaarbare verwoesting van die familieplaas na sy oupa se dood en sy vader se raaiselagtige dood na ’n ongeluk. In die dorp se hospitaal is hy en die selfaangestelde hoofchirurg, Dennis Lindsey, onmiddellik aanmekaar en hy kan nie die oorsaak van hierdie uitermatige vyandigheid begryp nie. Dennis se mooi dogter, Estelle, is ook verbonde aan die hospitaal en verlief op hom. Dries onthou egter die klein rooikop Adrie Malan en wonder wat van haar geword het.

Eerbewyse

In 1963 word haar liefdesverhale op die Kaapse Uitgewers-skou bekroon. In 1979 ontvang sy die J.P. van der Walt-trofee vir ontspanningslektuur en in 1983 kry sy ’n verdere toekenning vir voortreflike skryfwerk van dieselfde uitgewer.

Publikasies

Jaar

Publikasies

s.j.

Keer tog terug, beminde

 

Roos en jasmyn

1954

’n Lied deur die jare

 

In die skadu’s van Koesberg

 

Tel nooit die ure

1955

As die denne fluister

 

Die Bassons van Bassonslaer

 

Die blou tango

 

Die helder droom

 

Die roos van Sharron

1956

Somerstorms

1957

Waar die Alpe-krokus blom

1958

Die lied van die singende waters

 

Versperde grense

1959

Die nag het sterre

1960

Kromvlei se erfenis

 

Die ontembare hart

 

Twee gewels

1961

Die eensame reisiger

 

Die goue oomblik

 

Die liefde van Karlien

 

Die onbereikbare ster

 

Wees stil my hart

1963

Die eensame reisiger; Twee gewels; Waar die Alpe-krokus blom

 

Hermien van Alwyndrif

 

Hulle vir jou, Suid-Afrika

 

In die skadu’s van Koesberg; Tel nooit die ure; Die blou tango

 

Met ’n lied in die hart

 

Versperde grense; Die onbereikbare ster; Somerstorms

1964

Geliefde rabbedoe

 

Die Venesiaanse kruik

 

Die wag-ʼn-bietjie-bos

1966

Skadu voor die son

1967

Biesiesvlei se mense

 

Die nuwe matrone

1968

Uit die goue skemering

1969

Die rosekrans

 

Wie die sterre lees

1971

Die arendsnes

 

Roos en jasmyn; Skadu voor die son

1972

Soek na ’n reënboog

1975

Gedig in blou

 

Die nag het sterre; Hermien van Alwyndrif

1976

Annalien

1977

Die verlore droom

1979

Die lag van die sonneblom

1980

Klein erfenis

1981

As die liefde kom

1985

Blye waters

Bronnelys

Boeke

[Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983

Tydskrifte en koerante

  • Kruger, Engela “Immergroen Nan Henning op 92 dood” “Volksblad” 12 Augustus 2003
  • Smith, Charles “Nan Henning se 65 boeke is met potlood geskryf” “Die Volksblad” 24 Julie 1996

Internet

https://af.wikipedia.org/wiki/Nan_Henning Afgelaai op 10 Maart 2025.

Kommentaar deur HBH

Ek hoop dat ons ook nooit Nan Henning se bydrae tot die SAP se Goue Jubileum van 1963 sal vergeet nie!

Genl en mev Henning het ‘n seun in die Mag gehad. In my jong dae in Durban was hy ‘n kaptein.

Hy mag dalk identies wees met No 32832 Kapt NJ Henning wat teenwoordig was toe konst Danie du Toit tydens ‘n geveg in Rhodesië gesneuwel het.