A newspaper with a sign and text

AI-generated content may be incorrect.

NONGQAI SWITCHED FROM ISSUU TO OWN BLOG

TYDSKRIF SLEGS OP ONS BLOG (NIE MEER OP ISSUU)

Redaksie / Editors

ABSTRACT: NONGQAI switched from ISSUU to own BLOG. Your e-magazine is henceforth only available on our own blog with URL www.nongqai.org (and no longer on ISSUU). This move became necessary due to better technology (easier to read and download on the BLOG), copyright hassles, and for the sake of ensuring future continuity.

2 minute read

HOEKOM en WAARHEEN?

Vir ‘n aantal dwingende redes het dit aangewese geword om die NONGQAI e-tydskrif te verskuif van die ISSUU platform van ouds, na ons eie web-werf.

Belangrikste hiervan was die feit dat ons suksesvol ons eie webtuiste (URL = www.nongqai.org) op die been kon bring. Dis nou op dreef en die huisvesting daarvan op die Azure kuber-platform word deur Microsoft geborg. Die webtuiste sluit in ons eie BLOG, wat met die nuutste publikasie-tegnologie spog. (ISSUU se “flip-book” pdf-formaat het verouderd geraak en is dikwels moeilik leesbaar, met die artikels wat ook nie geredelik afgelaai kan word nie).

In die moderne BLOG-formaat kan u nou u tydskrif gemaklik lees op enige apparaat (foon, tablet, rekenaar) want as BLOG formateer dit outomaties korrek vir u spesifieke apparaat. Artikels kan ook maklik afgelaai, gestoor en aangestuur word na u kontakte.

‘n Ander belangrike rede vir die verwyder van NONGQAI van die ISSUU-platform af, is kwesbaarheid vir kopiereg-afpersers, wat regtig stresvol lastig begin raak het…

Vir toekomstige kontinuïteit betreffende die voortbestaan van die tydskrif was dit ook noodsaaklik om dit oor te plaas na ‘n platform waar dit nie afhanklik is van ‘n sterflike fisieke persoon as rekening-houer nie maar as ‘n eie, onafhanklike regspersoon soomloos kan voortgaan. Dit is ‘n verdere belangrike voordeel wat die geborgde web-tuiste onder die Nongqai Trust-vaandel ons bied (siende dat ‘n trust nie sterflik is nie).

Artikels sal voortaan geplaas word (op die BLOG) soos wat dit individueel persklaar is. U sal dus nou deurlopend deur die maand die plesier hê om vars nuwe brokkies te kan geniet.

Die NONGQAI-argief van vorige uitgawes word nou op die webtuiste her-laai; u sal ook onthou dat Akademia se biblioteek besig is om dit alles te argiveer en indekseer, vir maklike herwinning. Dit is egter ‘n enorme taak, waarvoor ons u geduld vra.

Ons vertrou dat u die oorskuif vanaf ISSUU na ons eie web-tuiste en lopende BLOG as ‘n aansienlike verbetering sal ervaar. Desondanks, sal ons aan die einde van elke maand al die artikels steeds saamvat as die bekende .pdf maand-einde bundels vir onderskeidelik die Vroue en die Algemene uitgawes (vir diegene wat die ou formaat verkies). Elke individuele artikel daarin sal net nou bykomstig ‘n skakel vertoon na die betrokke artikel soos wat dit op die BLOG verskyn het; deur op die individuele skakels te kliek, kan u dan gerieflik daardie artikel(s) stoor, aflaai, en/of aanstuur na kontakte.

Dankie by voorbaat vir u voortgesette steun, en vir die instuur van steeds meer bydraes vir plasing!

A black rectangular object with a black stripe

AI-generated content may be incorrect.