"SQUAD CARS" OP ONS NONGQAI YOUTUBE KANAAL
EPISODE #10 VAN SPRINGBOK RADIO-REEKS PAS GELAAI
Wat was nou lekkerder as om naweke te kon inskakel op Springbok Radio se uitstekende radiodrama-reeks oor die SAP Blitspatrollie, “SQUAD CARS”.
NONGQAI se eie YouTube kanaal dra hierdie episodes as “podcasts”. U kan daarna luister met hierdie skakel:
Soos wat die reeks-nommer aandui, is daar reeds NEGE ander episodes ook gelaai (indien u nog nie daarna geluister het nie). Plus natuurlik ander interessante video’s, soos van die SA Polisie se Koor en Boere-orkes.
Om ons YouTube-kanaal te besoek, KLIEK HIER.
Omdat baie van hierdie “podcasts” saamgestel is rondom wat aanvanklik net klank-opnames was, het ons heelwat interessante foto’s bygesit – in die geval van “Squad Cars”, van voertuie van die Blitspatrollie van daardie jare.

